Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 18, 2013, 06:57:50 PM
-
Sê ek of bly ek stil?
My baas is ‘n tipiese kunstenaar. Net vanoggend praat ons oor sy ‘studio’ wat so deurmekaar is. Niemand, nie eens hyself, kan iets vind as hy dit soek nie. Oral tel jy instrumente, verfkwassies, boeke, penne ens ens, op. Self sy skouersak en sleutels is altyd op soek.
So ry hy weer gou hospitaal toe om ‘n pasient te sien. Ek gaan om my snippermandjie leeg te maak en kry sy helper, sy regterhand, wat in sy skouersak krap. Sy beursie, rookgoed, persoonlike goed, is daarin. Ek het my snippermandjie leeggemaak en terug geloop.
Sê ek of bly ek stil? Want sê ek nie, rapporteer ek nie oneerlikheid in die werkplek nie. Sê ek, is daar probleme, want hierdie outjie doen geweldig baie en dit is ook gespesialiseerde werk. Dit sal weer baie maande, indien nie jare, neem om iemand van vooraf op te lei. En tyd is baie beperk.
Ek is vies omdat ek in ‘n plek is waar ek ‘n besluit moet neem oor iets wat ons almal gaan raak.
Hoekom steel jy van die hand wat jou voed as jy alreeds sòveel kry?
++++
-
Ek sou se, se hom. Hy kan self besluit wat om te doen. Uittevind hoekom die ou in sy goed gekrap het. Ek vat dit so, ek sou wou weet as so n persoon vir of met my werk. Sou jy nie?
:angel12:
-
Ek dink ek sou ook eerder verkies om te weet as daar agter my rug gegrou word in persoonlike belange.
-
Dit is 'n moeilike besluit. Ek is oortuig daarvan dat jy weldra die antwoord sal vind. Jy ken die situasie by die werk en jy is nogal 'n baie slim meisie. Jy sal 'n manier vind om die saak te hanteer.