Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on April 14, 2013, 07:21:54 PM

Title: aardse ongenade
Post by: adele on April 14, 2013, 07:21:54 PM
my hart word geknel
onder aanslae
van aardse ongenade
 
in skerwe gesny
en opgehang
aan brandende gedagtes
 
maar nerens
word die volmaakte
aan my beloof
 
daarom klim ek gereeld
die kortpaadjie tussen
my kniee en die vloer
 
om weer dievrees
van geliefdes se pyn
in Sy vrede te verdrink


ek sukkel die laaste dag of wat om alles te hanteer ... iewers moet ek krag gaan pluk want my reserwes raak op. Eben raak sieker en ons pas hom deesdae permanent op, al werk hy bedags ook rukkies in die houtfabriek, word hy gou moeg en soms duiselig. ek is so gelukkig om naby hom te wees, om hom in my lewe te he'

dan kom iemand baie na aan ons, amper ons ouderdom, laaste kind getroud, nog 'n kleinkind vir hulle oppad ... en nou wil mevrou skei! hoe verwerk mens dit? eintlik verwag ek nie 'n antwoord nie, ek wil dit net deel ... is gedeelde smart nog halwe smart?

 :grommit:
Title: Re: aardse ongenade
Post by: Meraai vannie Baai on April 14, 2013, 11:57:10 PM
Is gedeelde smart, nog halwe smart? Positiewe ja mater. As ons nie die einas in die lewe ook deel met iemand nie - hoe sal hulle weet om vir ons 'n knielkussing te word, wanneer eie kniege al eelte vorm? Vou julle toe met omgeekombersie.  :love7:
Title: Re: aardse ongenade
Post by: Fransi on April 15, 2013, 08:39:45 AM
Aangrypend geskryf. Mag jy baie genade ervaar.
Title: Re: aardse ongenade
Post by: adele on April 15, 2013, 09:05:07 AM
so baie baaaie dankie julle

ek skud die onrus op my skouers
elke aand in Golgota se bloedgrond af
om plek te maak vir die oorloopvloei
van genade uit sy seënende Hand

 :grommit:
Title: Re: aardse ongenade
Post by: PM on April 15, 2013, 11:03:24 AM
Wens ek kon help dra aan die laste matertjie. 
Hulle sê mos, "it never rains but it pours"  of soos ek seg, it never pains but it roars!  Dankie vir die deel.  Ons dink aan julle.