Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 14, 2013, 09:30:46 AM
-
Vanoggend wonder ek:
Maak jy (en hier praat ek met myself) 'n verskil? Maak jy 'n verskil aan ander se lewens, aan hul dag?
Maak jy enigsins 'n positiewe verskil?
Ek kry 'n oproep van my (skoon-)dogter: Ma, ons gaan by my ma-hulle braai vandag. Wil ma saamkom?
Natuurlik wil ma saamkom. Dit sal heerlik wees om weer met my naaste familie en my kinders te kuier. Dankie dat ek nog sulke uitnodigings ontvang en die heerlike verskil wat hulle aan my lewe maak.
Nog mense wat 'n groot verskil aan my dag (en lewe) maak, is my aanlyn-vriende. Sjoe, weet nie wat ek sonder 'n rekenaar sou doen nie.
Nog iemand wat 'n baie groot verskil maak, is my werkgewer. Hy het my 'n kans gegee op 'n nuwe beroep en rigting. Dankbaarheid le baie groot in my daarvoor.
Mense by die vulstasie, by die toonbank, die betaalpunt... ek spreek my dank uit aan hulle persoonlik, altyd. Hulle weet dat hulle 'n positiewe bydrae lewer.
Nou gaan ek blomme koop vir die slaaitafel.
Geniet julle dag.
-
Jou plasing het my diep laat dink mater. In my lewe is daar so baie dierbare en ook klippie-in-die-skoen-vrinne :icon_bigsmurf: wat 'n postiewe en negatiewe verskil maak. Beide beskou ek as 'n blessing want ek sien die skaduwee wat my dade gooi, van voor en agter, in hulle daaglikse wandelinge en optredes.
-
Jou woorde het my nou laat dink aan die wonderlike gebare van spesifiek my familie in die laaste ruk. Ek kan net dankie sĂȘ.
-
Daar maak jy toe 'n verskil deur te gaan blomme koop matertjie. My proteas hang nog steeds teen my muur. Droog, maar dankbaar.
-
Maak ek n verskil? Ja dis 'n vraag, 'n goeie vraag. :dontknow:
Wat ek weet is dat vriende en familie het die afgelope weke, 'n anderkant gewys. Een wat ek nooit verwag het nie. Een wat ek nou weet as ek ooit dit nodig ag hulle daar sal wees, al is dit so effens nie wettig nie. :evil6: :icon_study:
As hulle bereid is om sulke dinge te reel/doen moet ek seker op 'n manier 'n verskil maak of dalk iets beteken.
Ta-Meraai het ook 'n punt beet met die wat so effens aan die negatiewe kant hardloop, help weer om my harder te werk aan positief te bly. :love7:
:angel12:
-
Ek wat jou ken weet dat jy 'n groot verskil maak. Jy en jou hele gesin en Ouma Trappies is mos deel van die gesin.