Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 11, 2013, 01:25:13 AM

Title: Verestoffers...
Post by: Angelica on April 11, 2013, 01:25:13 AM
Ek lees dat die stropers nou op volstruise toeslaan.
Kan jy bleddie glo!!  Ek is so kwaad en geskok, wil sommer elke verestoffer-verkoper met al sy ware hollangs opstop.
Presies op die dag toe ek besluit ek sal maar 'n stoffertjie koop by die ou wat straat-af loop met die goed, lees ek in die koerant die volstruise word nou snags gepluk en sommer doodgeslaan.
En dit pluk my.
Hoop daardie volstruis skop alle stropers, maag en gatkant, velloos.

Goodnight.
Title: Re: Verestoffers...
Post by: Meraai vannie Baai on April 11, 2013, 01:31:31 AM
Nou verstaan ek die gevreetboekplasing!
Title: Re: Verestoffers...
Post by: PM on April 11, 2013, 04:03:24 PM
Hê-hê, ek sien hoe boos is jy Elle.  'n Mens is stomgeslaan oor die misdaad in hierdie land. 
Title: Re: Verestoffers...
Post by: Angelica on April 11, 2013, 06:34:11 PM
Nee maggies man, hulle ruk die vere met vleis en al uit die arme voels.
Sommige moet uitgesit word. Ander kan darem gered word.
Ek gebruik nie weer enige volstruisveer-stoffers. 
Title: Re: Verestoffers...
Post by: PM on April 12, 2013, 05:23:26 AM
Genadeloos.  Daar is darem baie verestowwers wat op die regte metode gemaak word.  Sal ek beswaarlik sonder myne kan klaarkom.
Koop maar in die winkel, maar dit is ook nie 'n versekering dat dit deur die regte kanale gegaan het nie nê!  Die sintetiese goed hou ook nie lank nie. 


Title: Re: Verestoffers...
Post by: Meraai vannie Baai on April 12, 2013, 07:01:02 AM
Ek het ook 'n nare ondervinding gehad met verestoffers maar dit was heel ander ding. Outop het in NZ gewerk waar die dollars die beste was, ek het by die twee manne van ons gebly terwyl hulle nog op universiteit en kollege was. Dan het Outop naweke op gekom na ons toe in Browns Bay (Auckland gebied). Soms het ek so verlang dat ek die twee kaboutertjies van Meisiekind saam geneem het, en dan vir hom gaan 'kuier' by sy woonstel. Een so naweek het ek weer skielik bevlieging gekry toe dit groettyd word, is ons drietjies met doekesakke en opslaankot de lot saam Outop sneeuberge toe. Daargekom stap ek in en daar le 'n gekleurde veertjie op die grond.

Ek sien dadelik 'n slanke blondie ...  :icon_bigsmurf: Dit kos die ou sy stowwer gaan haal en wys. Hy het gou afgestof voor hy die lang pad kus toe aangepak het, want se nou ek wil saam terug dan is sy plek vol stof. Nou nog groot grap as ons so verlore stowwerveertjie optel diekant.
Title: Re: Verestoffers...
Post by: Aspoestertjie on April 12, 2013, 10:03:50 AM
En amper is Outop afgestof. Siestog.
Mense, Mense ,mense. Waar gaan die land heen. Renosterhorings, perlemoen, kreef, volstruise...
Ek dink.. Ek dink hulle moet die donneerders vang wat die diere so seermaak. Dan moet hulle hulle velle lewendig aftrek en duikpakke daarvan maak.
 :icon_scratch: :icon_scratch: :icon_scratch: Aan die ander kant weer...  :icon_scratch: meeste van die duikpakke se snorkels gaan te laag sit.  :icon_scratch:



 :mumum:
Title: Re: Verestoffers...
Post by: PM on April 12, 2013, 02:02:53 PM

Useless sê ek vir u. 

Ek praat met Jannas in NZ.  Hy sê hulle het geen lisensies nodig om seekos uit te haal nie.  Kan dit waar wees?  Huh?