Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 11, 2013, 01:19:56 AM
-
Ek soek 'n resep vir 'n slaap-drankie.
Een met skop.
Dit moet my tussen die oge skop dat ek agteroor neerslaan en vir 8ure uit soos 'n kers daar le.
En ek wil snork dat die dak lig.
En as ek wakker word, moet dit Saterdag-oggend of Sondag-oggend wees sodat ek die roes verder kan afslaap.
Help!!
Wat is die slaap :sleepy1: :sleepy1:
O, jou wondersoete deng.
:sleepy1: :sleepy1: :sleepy1:
:sleepy2: :sleepy2: :binkybaby: Dalk moet ek 'n dummy kry.
-
:sign10: Ek het nie ene nie, maar die spore hier op jou laatnag erfie was baie verkwikkend vir die eensame woorddief, dankie matertjie!
-
O goeiste, jy kan altyd Skype matertjie. Daar is 'n paar van ons spoke wat Skype as ons nie kan slaap nie en Raaitjie het dag as ons nag het.
Dit is nie die slaaploosheid nie nĂȘ, dit is daardie volgende dag as jy moet werk. :love7:
-
Dis daai volgende dag se deng wat my so pla.
Nou le ek en stories en versies dink, gaan haal ou stofgoed van die rakke af.
Tot die baas vra gister of ek 'n late night gehad het!! Aarde, op my ouderdom??
-
Dit gaan nie oor die ouderdom nie, dit gaan oor die sneeu op die berge en die vuur in die valei. :icon_biggrin:
-
Giggel ek vir jou PM! Angelica, die sout en peper garde :toothy4: diekant van die aardbol is altyd te vinne vir 'n praatjie en skop graag die skypeskoeter aan die brand. PM getuig ware dinge :icon_biggrin:
-
Camomile-tee maak my altyd vaak en dan iets soos ontspanningsoefeninge en asemhalingsoefeninge (mediteer) help verder.
-
Fransi, daai oefeninge klink hopeloos te veel na... wel, oefening.
Vanaand wil my nek net eenkant toe val, so ek sal maar nou-nou bed se kant toe staan.
PM, daai fire innie valley is uitgebrand. Geen vuurhoutjies om dit aan die brand te steek nie. Dead. :dontknow:
-
Ag nee ek glo dit nie vir 'n oomblik nie. Jou gedigte is genoeg om enige fire konstant aan die brand te hou. Ek lief dit.
-
O, gedog dis 'n anner fire...
-
Jy't reg gedog! :icon_biggrin:
-
En nou kuier ek saam met ons gas wat die onderwerp print Heerlik om weer so tussen die ouer kuiertjies te dwaal :hello2:
-
Ek soek nog steeds na daai skopannieslaapdrankie.
Kamille-tee laat jou snags opstaan. En as jy opstaan is jou oge oop. Wyd oop. So oop dit gaan nooit weer toe nie.
Ek loop le maar en lees. Na die eerste bladsy wil ek slaap. Gewoonlik is dit nog te vroeg vir 'n heelnag se slaap.
Maar wat, dis nou soos dit is.
-
Self nog opsoek hoor. Hoe ouer ons word hoe minder slaap ons. Seker oor mens besef die kosbare sand in die uurglas is besig om af te sak na jou onderlyf :icon_bigsmurf:
-
My recipe for sleeping soundly at night is to leave the office at the office when I go home. I do not take work home, I do not work at home unless it really is necessary. I can't solve any work related problems at 02:00 in the morning. From the moment I started to follow my own rules, I sleep through, soundly.
-
Daardie lees-storie werk vir jy. Sodra ek wakker word skakel ek my leeslampie aan en gryp my boek. Dit hou dwalende gedagtes uit en sodra ek weer vaak is slaap ek verder. As jy die volgende dag moet werk is ek jammer vir jou. :munky2: