Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on May 25, 2011, 10:11:33 AM
		
			
			- 
				Onderstebo bos
 dans die kelp met Madusakapsel,
 ‘n wiegende wals
 saam met die trek en stoot van die branders.
 
 Yskas skuim
 Omvou my kop met onderwater simfonie
 soos ek ver-een
 met die ritme van die vloeiende milieu.
 
 Silwer flitsend
 swiep skubgevaarte voor die bril verby
 en onder, van die bodem
 loer die agpootkop vir my.
 
 Onderwater rotsskeur
 wuif twee beetrooi takke voel-voel
 om aan te dui
 waar daai krapspinnekoppie bly.
 
 Sterke pote kneus
 Waar my vingers sy lyf omhels
 En sterkstertswiep
 poog om wegkom waar te maak.
 
 Maar vanaand,
 my onderwater vriend,
 langs kuiervuur
 gaan jy saam voorsit
 as die dinee se eregas.
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Jy woorde is prentjie mooi.
 
 Ek sien hoe jy snorkel  :icon_biggrin:
 
 :angel12:
- 
				Is ek ook genooi vir die dinee?   :dontknow:   
 
 Goed geskryf, net jammer vir die luskol wat nou hier op my maag bly sit.   :icon_biggrin: