Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on May 25, 2011, 02:36:04 AM

Title: En so Tortel ek my Liefde....
Post by: Angelica on May 25, 2011, 02:36:04 AM

 
ek tortel vir jou,
my geliefde,
woorde op 'n stuk wit papier 
gekrul, gestreep, in swart ink
óm my voel afgemeet     tot dit by sê
hier op die lyne kom lê

verlange golf branders
vir jou, my lief, tot vlak in my kykers
tot dit oorspoel op my wang
jy't deel geword van myn elke dag
my hart se slag

ek verlang na jou rustigkalm vel
soms koel, soms songebrand en seer
telkens sout soos die see
ek verlang om my te vly in jou omhelsing
weer te osmose met jou lyf

jy vertel vir my jou hart se voel
so met die oggend dou, want sê jy
ek is deel van jou
van toeskulp het jy my gered
my pêrelblink gepoets om weer te skyn

ek gee my oor aan jou liefde
en jy aan myn wat soms kan warrel en kring
nooit wil ek weer my hart versteek, my lief
ek wil sonder keer kan bokspring
oor die storms sonder om te pyn.

en so kan ek tortel-tortel oor jou, my geliefde
my voel gekrul, ge-ink, op wit papier
my woorde uit 'n oorvol beker geskink
en golwend verlang in eb en vloed
tot ek jou weer sien hier
Title: Re: En so Tortel ek my Liefde....
Post by: Naas on May 25, 2011, 09:29:23 AM
Dit bly maar een van die mooi natuurbeelde, die tortel wat sy maat probeer beindruk. Regtig 'n mooi woordwerk hierdie. :hello2: :notworthy:
Miskien moet jy net kyk na die spelling van vlei/vly. Ek is nou skielik self nie seker nie maar jou vlei het my dadelik aan groot water laat dink. Nou weet ek ook nie mooi nie.  :dontknow: :icon_scratch:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En so Tortel ek my Liefde....
Post by: PM on May 25, 2011, 09:54:20 AM
Jy is reg Naas.  Daardie vlei moet vly wees.  My woordeboek sê so!   :icon_biggrin:  Dankie tog vir ouens soos jy wat so oplettend is,  ek het dit skoon mis gelees.   :love7:

Dit is 'n pragtige gedig Elle.  Ek het ook die tortelduif sien tortel al om sy matertjie!  Wat 'n mooi woord!  Tortel!
Title: Re: En so Tortel ek my Liefde....
Post by: Naas on May 25, 2011, 10:17:09 AM
Ek dink daai "Tortel" Hoort by die nuwe woorde.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En so Tortel ek my Liefde....
Post by: PM on May 25, 2011, 10:50:24 AM
Gryp jy die woord so reg uit my bek mond uit.   :icon_biggrin:  Ek maak so.
Title: Re: En so Tortel ek my Liefde....
Post by: Angelica on May 26, 2011, 06:52:09 AM
Dankie aan julle almal vir pragtige kommentaar. Maak my hart sag. En ja, daai 'vlei' moet natuurlik 'vly' wees. Wie sal ons blameer? Die drukkersduiwel natuurlik. Giggles..
Title: Re: En so Tortel ek my Liefde....
Post by: adele on May 26, 2011, 07:23:05 PM
kom luister ek so met my rug teen die boomstam op die veldgras na daardie tortel. mooi!

 :grommit: