In Liefdevolle Herinneringe Aan
Maria Christina (Poppie)
Breytenbach (néé Crous)
3 Augustus 1936 tot 30 Maart 2013
Die Liewe Here het ons ma, ouma, grootouma en vriendin kom haal omdat Hy 'n opening vir 'n liefdevolle Engel in die Hemel gehad het.
Met diep hartseer, maar met groot dankbaarheid dat ons haar mooi lewe kon deel, neem ons van haar afskeid. Elkeen van ons sal haar onthou vir daardie mooi spore wat sy deur ons lewens geloop het.
Met baie liefde: Naas, Elmarie, Jannie, Elize, Elsa, kleinkinders en agterkleinkind.
Dankie vir die deel hiervan Naas. Sy het ook mooi spore in ons lewens agtergelaat matertjie. Ons is dankbaar vir die voorreg wat ons kon hê, om haar te ken en lief te hê en het net die mooiste herinnerings aan haar, wat ons sal saam neem op die pad vorentoe, wat sal help om die leemte te vul.
Sterkte en liefde vir julle almal. :love7:
Innige meegevoel van ons af Naas. Dit is so pragtig gestel - 'n opening vir 'n liefdevolle engel in die hemel'... :love7: :crybaby2:
Ons simpatie en mee gevoel Naas. dit bly maar hartseer.