Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: PM on April 06, 2013, 06:15:54 AM

Title: Terug Mthatha toe
Post by: PM on April 06, 2013, 06:15:54 AM
Ons ry later vanoggend weer Mthatha toe.  Sodra ek 'n opvangsie kry, laat weet ek waar ek is.  Lekker naweek vir julle. 
Title: Re: Terug Mthatha toe
Post by: PM on April 07, 2013, 04:17:11 PM
Dis nou oulik.  Ek het Saterdagoggend gery en dit is Sondag amper aand en niemand was nog hier na my nie.  Sjoe, ons het gewikkel. 

Soos julle kan sien, ek het sein.  Ons het vir twee aande in die  Garden Court plek bespreek terwyl ons nou ander plekke kan gaan "ontdek".  Hotel-lewe en ek, ons is nie maatjies nie. 
Title: Re: Terug Mthatha toe
Post by: Meraai vannie Baai on April 08, 2013, 01:55:42 AM
En ons is ook weer tuis na 'n heerlike kuier saam met al ons kinders en kaboutertjies. PM ek is baie dankbaar dat julle sein het -anders was ons alweer kreupel verlang  :love7: Hoop julle geniet en dat jy gereeld kansie kry vir inloer en kuiertjie tussen die lyne.
Title: Re: Terug Mthatha toe
Post by: PM on April 09, 2013, 11:39:52 AM
Dit voel al soos 'n week gelede wat ek hier was Raaitjie.  Bly julle het lekker gekuier.  Sonder opvangs is ek verlore maatjie.  Net so bly dat ons sein het.