Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on April 04, 2013, 12:14:31 PM
-
Mag arendsvlerke wyd oor jou kranse sprei
en seën uit hemelse wolke
mildelik oor jou dorsland reën.
Ek wens vir jou
'n Namakwalandse kleurtapyt
wat jou valleie oordek
en met malse geure
jou sinne weerloos bedwelm.
Mag 'n helder bergstroomkabbel
simfonieë oor jou gemoed bestel
en 'n tortelduif se vrede
soos wit roosblare
oor jou hart neerdaal.
Ek bid dat hierdie dag
jou vreugde bring
en liefde vergewend
om jou skouers koester.
Mag die nuwe lewensjaar
drome vanuit melkweë
oor jou toekoms strooi.
-
:notworthy: :icon_salut: :love7:
-
Pragtig Gawie, dankie dat jy dit geplaas het.