Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on April 03, 2013, 08:58:31 AM
-
stom luister ek vanaand
na 'n aandwindlied
soek jou stem in sy melodie,
mis jou vingers
strelend, spelend
oor snare van my hart
droewig kla hy sotto voce
'n hartseer wat my siel aanraak
sy lied van verlange
tjalie om my hunkerlyf
ek knip my oƫ,
vind jou beeld in sterrelig
jou glimlag speel 'n minnelied
op harpe van 'n melkweg
wyl sagte melodieƫ oor my spoel
volg sagte vingers
sy note oor my vel
waar eens jou warm hande
'n overture uit kon spel
-
Ek lief dit Juffrou Gawie, dit is baie mooi.
-
Amen!