Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on April 01, 2013, 12:30:05 PM
-
Uit die spierwit doeke van lentebloeisels
ontwaak die vreugde van lewe.
In somerhittegolwe groei die lewensvrugte.
Die herfs bring wasdom in sy warm wyse kleure.
Aan die einde kom winter en verstrengel, verskrompel
in yskoue vingers die lewe uit die jaar se groei.
‘n Siklus word voltooi.
‘n Siklus gevul met vreugde, hartseer, liefde…
Groei…
Wysheid…
Lewe…
Pyn, lyding…
Dood.
Dit is volbring…
© Naas
-
So gevoelvol geskryf Naas. Ons dink aan jou matertjie.
-
Sterkte word julle toegewens, Naas.
Daar is soveel lekker tye saam met Ma wat ek nooit sal vergeet.
Sy was baie siek, maar altyd geglimlag en liefde uitgestraal.
Geen bitter lyding meer vir haar. Net rus aan ons Vader se voete.
<<<<>>>>
-
ek wil jou hand neem, saamstap ... die seer is nog erg, dit oordek nog die gemis wat wag.
jou siklus-woorde skilder ook 'n goue-raam-liefde.
:grommit:
-
Met eerbied en simpatie lig ek my hoed en knak die knieg mater :icon_salut: :notworthy: