Haiku © Marius Buys
onder winter ys
vloei riviere onverpoos,
knop die lente roos
goudgeel herfsblare
lê van boom tot boom gestrooi,
soos sjiek flokkati
voor die winter grou,
hou herfs haar modeskou en
verf Monét vir jou
Mojadji in haar
silwer chiffon ontketen,
blits papparazzi
© Marius Buys
Dankie vir al die inskrywings vir die kompetisie Marius.
:headbang: :hello2:
:icon_cheers: