Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: PM on April 01, 2013, 09:55:01 AM
-
Xanadu © Marius Buys
In die tuin van Kubla Khan,
groei bloedblom wyd en wild,
ter nagedagtenis van stemme stil,
want selfs in Xanadu vries winterkill.
In somer swierig sy paleis gevul,
omring deur geile gras en blommegrill,
voëltjies twiet hul lewenslied,
as oorlewenaars van daardie koel verdriet,
weetend wat op hul wag,
na die bloei van natuur se prag,
voort die lewe, voort die stryd,
'n seisoenale siklusgang van tyd
waar gedigte onvoltooid nooit afgesluit.
© Marius Buys
-
Dit is 'n besondere mooi gedig Marius.