Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: Louis on May 24, 2011, 09:39:15 PM
-
Weskus se na-nag
in winterskleed getooi
n wasige misgordyn
skitter klein diamantjies
spookagtige
sterre in blou-swart hemelruim
anderhalf sekelmaan
verdoofde ligte aan
lê op slaap se horison
gekantel op haar sy
vêr gereis deur donker nag
om haar slaapplek weer te kry
-
Hier toor jy darem pragtig met Weskusbeelde wat ek al amper vergeet het. Ek het dit diep geniet.
:icon_bigsmurf:
-
Sowaar PRAGTIG geskryf..voel of ek uit 'n huis op die see se venster kyk... :love7:
:angel12:
-
Hierdie gedig is so dig as wat 'n mens dit maar kan kry. Bedoelende dig soos in saamgevat, nie dig soos in "stupid" :munky2: nie. :bootyshake: :icon_biggrin: Ek stem saam, dit is uiters beskrywend. Een van die dae kyk ek ook weer oor die see. Net jammer ons gaan die volmaan mis, maar ek sal my in hierdie anderhalf sekelmaan verlustig en aan jou dink Louis.