Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Fransi se plek => Topic started by: PM on April 01, 2013, 09:31:31 AM
-
Lente © Fransi
Die vrou se hare wuif die goue glans van tafsy
met sierplante wat kunstig deur koringare vleg.
Sysies en geelvink maak kwetterend nes
agter die rietwimpers van haar oë.
Haar neus sproet die fyn sprinkeling van saad
en haar lag laat swaeltjies weer vere kam-
Kom kyk, kom kyk
hoe dans sy
nuwe bloeisels
in ons tuin!
© Fransi
-
Ek het my verlustig in hierdie gedig. Dankie vir die inskrywigs matertjie.
-
Ek dans saam!
-
Dankie PM en Meraai. :-)