Seisoene
Vriendin, ek stuur vir jou
'n
bossie somerblomme
om in jou hart te bêre
'n
groot bak vol laggies
vir 'n vrolike siel in die herfs
'n
bruinbeerkaros
om die winter af te weer
ek bied
'n
skouer vir jou sorge
my
mou vir jou trane
'n
oor vir jou vreugdes
'n
veilige wegsteekplek vir jou geheime
'n
slaansak vir jou frustrasies
en vertel vir jou van
seer geknelde duime
dat
jy die seisoene van jou lewe
met
hoop en geloof sal trotseer
ek stuur vir jou alles wat hol is vol liefde
en
die versekering
dat
jy
vir my
'n
dierbare vriendin is
© PM