Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 01, 2013, 08:17:09 AM

Title: Moenie Skrik nie...
Post by: Angelica on April 01, 2013, 08:17:09 AM
.. maar ek het kom kuier by my plekkie.   :wave:  Toet toet toet...
Ek sien julle het die gras gesny en die vensters oop gegooi. Dankie. 
Kon wraggies selfs 'n paar woordjies bymekaar gooi vir iets wat soos 'n versie lyk.  OMW, was dit nou bitter moeilik om bymekaar te krap.  Amper soos om daardie laaste kooltjies bymekaar te kry as die vleisie nog rou is en die vuur ook.  Nee gits, mens moet mos ook weer by die buitewereld aansluit. 
Hier is weer spasie en tyd in my lewe so ek kan weer rondhang waar ek wil.
Minder tydskrifte wat rondle, minder wasgoed, minder RSG, minder Jim Reeves... meer stukkies papiertjies met versie-idees, meer Def Leppard, meer klere wat op beddens rondle...
Don't get me wrong, dis heerlik en bevoorreg om Ma in die huis te he. Maar, dis ook lekker om jou eie spasie en tyd en bietjie laat slaple vir jouself te he.
Nou moet ek gaan shop vir KOFFIE.
Title: Re: Moenie Skrik nie...
Post by: PM on April 01, 2013, 08:35:23 AM
Ek is baie opgewonde om jou weer hier te sien matertjie.  Baie welkom.  Natuurlik is 'n kuiertjie lekker, maar eie tyd en eie spasie is ook kosbaar. 
Title: Re: Moenie Skrik nie...
Post by: Meraai vannie Baai on April 01, 2013, 11:20:28 PM
Klop klop, het jy al koffie geshop? Hier is my blikbeker Angelica  :icon_biggrin: