Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 01, 2013, 08:04:00 AM
-
Slingerpad
neem my na plekke
waar dit stil is
waar gedagtes aan jou
op ‘n slingerpad versprei is
waar my siel oopvlerk
en vry is
na eindelose blou…
neem my na plekke
waar ek by jou is
©Elsabe
-
Pragtig geskryf Angelica. Jy slinger my saam met jou waar my siel oopvlerk. Ek lief die gedig. Dit vlerk nou boek toe.
-
Jy moenie sommer net gooi nie... is die ding ooit ordentlik genoeg?
Ek meen, dis net bymekaar geskraap.
-
Vir my is dit pragtig. Ek sal mos nie so sê as ek nie so voel nie. As jy nog wil skaaf en skuur is jy welkom, maar ek lief dit.
-
Dan is dit goed so. Dankie.
-
So bly dit gaan :book1: toe :love7:
-
So besonders mooi geskryf.
-
Oeeee... julle maak my hart bly... :angel12:
PM, nou nie die hele boek myne maak nie. Is daar nog plek?
-
Daar is nog baie plek matertjie.
Ek het reeds slingerpad in jou bundeltjie geplaas.
-
Oe julle! Ekke trippel al opgewonde as ek net hoor van Boek 2 :hello2: :love7: :notworthy:
-
Jitte, ek wil dit in almal se kele afdruk.
Daar is FB vriende wat ek baie graag 'n kans wil sien kry om hulle mooi werk in ons boek te publiseer.
As hulle net wil BYT.
Dankie PM!!
-
Soooo waar. Ek dink veral hier aan Elizabeth Kendall se pragtige ekphrasiswerke!
-
Hulle sal moet roer, maar ek dink nie hulle stel regtig belang nie. Ons sou graag hulle werk in die boek wil sien. Boek 2 gaan baie mooi wees. As julle skype kan ek 'n paar blaaie stuur sodat julle kan sien.
-
Ek dink met die selfpublisering wat deesdae so maklik en bekostigbaar is, laat die ouens hulle eie werk opneem in bundels/boeke. Vir my bly dit 'n wonderlike ervaring om my eie werk knussies tussen geliefde maters se spogstukke in my hande te kan hou :love7:
-
Ek weet nie wie is Elzabeth Kendall nie en ek het g'n kloo wat is ekphrasis (is dit grieks vir wanneer jy jouself aanhaal) nie maar wat ek wel weet is dat hierdie stukkie werk baie baie mooi is!
-
Ek stem BB. Dit is boektoe woordeprag. Jy krap kop oor ekphrasis - dit is wanneer ons 'n kunswerk/foto/beeldhouwerk beskryf. Dus die duet tussen woord en beeld. Baie gewild deesdae, op die gevreetboekie veral.
-
Baie dankie MvdB vir daai mooi verduideliking. Dis bly maar lekker om weer iets nuuts te leer!
-
Ai ouens... as enigeen die dag bietjie 'af' is, is die Forum die plek om te wees.
Julle is dierbaar.
Baie dankie.
-
Ek is jammer dat jy "af" was, maar ek is bly jy kom loer in as jy 'n opbeurinkie nodig het. :hello2:
-
Dankie aan almal wat gelees het.
As julle maar net weet... dit het binne 'n paar minute uit my kop op my tong en toe deur my vingerpunte 'geval'.