-
"The teacup dictionary poem" is deur Rose Jones in 2009 gevestig.
Teekoppie-woordeboek-gedigstruktuur.
Ses versreëlwoorde wat gesentreerd is op die bladsy.
Eerste woord: 5 Lettergrepe.
Elke daaropvolgende woord moet een lettergreep minder hê as die vorige woord.
Woord 2 het dus 4- en woord 3 het 3 lettergrepe ens.
Die sesde en laaste woord moet weer 5 lettergrepe hê.
Die woordeboekwoord is die titel van die gedig. Elke daaropvolgende woord moet die titelwoord omskryf
By hierdie laaste woord kom die skrywer tot 'n gevolgtrekking/waarneming.
Voorbeeld Afrikaans:
Anorexia
lae selfbeeld
uitgeteer
honger
swak
selfverhongering
© PM
Voorbeeld Engels:
Emaciated
malnutrition
marasmus
wasted
weight
you are so hungry
© PM
-
Wat 'n heerlike uitdaging PM! My vingers het gejuk toe ek jou voorbeelde sien. Dink ons moet die struktuur boek toe neem :love7:
*Die skrywers moet onthou dat die titelwoord wat jy kies, die aantal lettergrepe aandui wat jy dan ook in die pieringreël (laaste reël) moet toepas. Die titel hoef dus nie noodwendig uit presies vyf lettergrepe te bestaan soos in jou pragtige voorbeeld nie. Ek liefff hierdie uitdaging. Jy is 'n doring om dit met ons te kom deel. Hier is drie skakels as die ouens belangstel om nog voorbeelde te sien.
http://www.fanstory.com/displaystory.jsp?id=280326
http://www.fanstory.com/writingpromptdetails.jsp?id=1897
http://www.poetrydances.com/teacup_dictionary.php
By een van die skakels het ek 'n Engelse gedig oor Rooibostee gesien wat opgedra was aan die skrywer se SA vriende. Ewe gewild ook hier by ons in Gatkantland. Hier is my weergawe waarvan die titelwoord uit ses lettergrepe bestaan en so ook dan my laaste pieringreël. Die titel kom uit ons eie woordeboek op die forum. Splinternuut :bootyshake:
Sederbergfynbossie
anti-oksidant
blarebrousel
kalmerend
heilsaam
eg
Suid-Afrikaanse tee
-
Ek het daardie bron van die verskillende lettergreeptelling in die titelwoord gemis Raaitjie. Moes van beter geweet het as om net van een bron gebruik te maak. :`ip2:
Wanneer jy van meer as vyf lettergrepe in die titel gebruik maak, sal jou daarop volgende woordeboekwoorde stelselmatig een lettergreep verminder totdat daar net een lettergreep oorbly.
Jou voorbeeld is uitstekend, jy kort net een lettergreep versreël in die voorlaaste plek.
-
Jou doring! Gaan dadelik regmaak hoor :notworthy: Sal dit werk as ek 'eg' inbring as eenlettergreepwoord :icon_scratch: Dit so verander op my plasing nou. Kan jy aan ander ene dink wat ook sal werk PM?
-
Trots kan ook werk maar ek dink eg is uitstekend, ek sal dit net so los. :hello2:
-
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/TeekoppieDigstruktuur.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/TeekoppieDigstruktuur.jpg.html)
Na ek die oktaaf ekphrasis gedoen het, het my hande gejuk vir jou teekoppiestruktuur PM :notworthy:
-
Dis pragtig Raaitjie. Lief die koppie.
-
Ek't gesukkel om dit af te neem PM. Die skaduwees bly patroontjies op die wit maak en dan lyk dit soos stofmerke :icon_scratch: Op koppies met patroontjies staan die geskriffies nie uit nie en kompeteer dan met wat ook al jou koppie versier.
-
Wel, hierdie is uitstekend gedoen. :hello2:
-
Ek wil graag hierdie struktuur in die boek plaas, maar wag nog van voorbeelde van ander skrywers ook.
-
Werklik besonders gedoen.
My poging: (Robert Sternberg se "consummate love")
Liefdesteorie
verbintenis
passievol
intiem
raar
welgeluksalig
-
Dankie Fransi, dit is pragtig.
-
Dankie PM. :-)