Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on March 28, 2013, 08:21:45 PM
-
Hoeveel lewens, Suid-Afrika,
hoeveel vergeefse lewens
gaan jy nog van ons vra?
Hoeveel gesinne, Suid-Afrika,
hoeveel gesinne
gaan nog hartseer moet dra?
Wat gaan dit kos, Suid-Afrika,
wat gaan dit ons kos
om vryheid na te ja?
Wanneer gaan jou kinders leer, Suid-Afrika,
wanneer gaan hul eendag weet
dat haatspraak 'n doodskleed dra?
Wanneer is dit genoeg, Suid-Afrika,
wanneer het jy genoeg
bloed en trane van ons gevra?
-
Dit is baie mooi geskryf Gawie, die emosie is tasbaar. :icon_salut: Ek is seker Raaitjie gaan die een deps vir die boek.
-
Gawie daar is net EEN wat die digters eggo kan vervolmaak soos jy dierbare matertjie. Ek lief dit en stem saam. Die en is BESLIS 'n voorbeeld wat :book1: toe by die strukture moet gaan!!