Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on March 28, 2013, 10:43:15 AM

Title: Uurglas
Post by: Jeannedarc on March 28, 2013, 10:43:15 AM
tok tik
tik tok
klikkerklak my hart met dowwe klik
in die doolhofratwerk van my lewensklok

sag shhh ritsel uurglas sand
blitsig langsamerhand
'n oomblik se kortwiek
deur uurglas se perdebylyf dun

tikketie tak
tikketie tiek
is my drome in 'n uurglas kou
of my werklikheid 'n drogbeeld klou

kibbel kabbel
klingel klangel
ysblokkie gletser in uurglas kristal
my lewenslus 'n lentebries, 'n maskerbal

uurglasies klein
uurglasies groot
is die uurglas van my lewe
nie die uurglas van jou lewe

sag shhh sandjies sag
glippend glad uit uurglas lyf, ragfyn, klein
'n sekond 'n 100 jaar
en 100 jaar maar 'n oogwink lank

oggendsonstraaltjies dans mazurka
silwerglansend aandgewaad
gedrapeer om maanlig sonate
ritmeis walsend deur my uurglas lyf

blommeprag en soete geur
die asemberowing van 'n sonsondergang
borrelbruisend mistig
in my uurglas waterval

soete nektar van 'n eerste kus
die lekker seer as baba kom
in die skadu's van ragfyn sandjies
sag shhh vloeiend
deur die uurglas van my lewe

en soos my lewe loop
is die seeninge ontvang
huppel-lekker en eina-seer, elke dag, nag
in die uurglas cinema van my lewe

wanner die winter van my lewe
dan sneeuwit op my le
het die hoekom het ek nie maar selfverwyt
in die niet verdween
vervang met soete herinneringe
uit my uurglas fotoparadys
Title: Re: Uurglas
Post by: PM on March 28, 2013, 01:13:29 PM
Pragtig Natalie.  Jy skep die beelde en ek drink dit in. 

 :bootyshake:
Title: Re: Uurglas
Post by: Meraai vannie Baai on March 30, 2013, 10:12:47 AM
Kan net amen skryf op PM se kommentaar!  :icon_salut: :notworthy: