As ek maar
'n Sonstraal kon vang
Tooi ek myself
In skitter goud
As ek maar
'n Doudruppel kon vang
Drapeer ek myself
In diamante prag
As ek maar
'n Spinneweb kon vang
Weef ek 'n kleed
Sag soos sy
As ek maar
'n Stukkie wolk kon vang
Dan seil ek rond
Op die see van geluk
:hello2: Baie mooi. Dankie vir 'n happie uit jou pen matertjie. Het jou werk baie gemis. :hello2:
Die pragtigste voorbeeld van ons 'herhaalde woord struktuur' :notworthy: :icon_salut: