Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on May 24, 2011, 08:00:27 PM

Title: donkernag
Post by: adele on May 24, 2011, 08:00:27 PM
hier skyn 'n ster,
'n enkel een,
die ander is in deins gehul
die water raap 'n maanstraal op
speel daarmee,
vleg dit wiegend in die wind.
eensaam klink 'n jakkalsroep
wyl die nag die afstand krimp
na sy maat se blyplek toe.

 :grommit:
Title: Re: donkernag
Post by: Trapsoetjie on May 25, 2011, 09:16:50 AM
Hier het jy weer mooi met die woorde getoor.

Ek lees en ek loop terug na waar daar geen geraas is, met oorverdowende stilte, my oor seer maak, en ek voel rustig...pragtig vriendin!

 :angel12:
Title: Re: donkernag
Post by: PM on May 25, 2011, 10:02:44 AM
Jy mag maar Adéle, want jy kan!   :hello2:

Dink julle ook dit is goed vir die boek?
Title: Re: donkernag
Post by: Louis on May 25, 2011, 12:34:58 PM
dit klink so eensaam.....so stil.....so mooi
Title: Re: donkernag
Post by: Fransi on June 15, 2011, 09:39:37 AM
'n Woordskildery wat 'n voor 'n mens se oë afspeel. Baie mooi geskryf.
Title: Re: donkernag
Post by: PM on June 16, 2011, 01:28:30 PM
Ek het gou weer kom lees.  Dit is regtig mooi!