Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on March 22, 2013, 05:40:57 AM
-
Om in stilte te sit
en die nag in te staar,
om diere te hoor
en geen stem of kar,
om vars lug
diep in my longe te trek,
dis my verlange
wat ek in my dra.
Om my hande
styf om 'n beker te vou,
om 'n vuur te sien knetter
en die vlammespel dop te hou,
om die vleis op die kole te ruik
en blink-lip vir jou te lag,
dis die verlange
wat ek in my dra.
-
Mooi geskryf Gawie. Nou verlang ek na die bosveld met 'n passie.
-
Deel die ander deel van die driepoot - dieselfde verlange! Pragtig verwoord Gawes!!! :love7: :notworthy:
-
dis my verlange
wat ek in my dra.
Ek stel voor:
dis verlange
wat ek in my dra
en die vlammespel dop te hou,
om die vleis op die kole te ruik
en blink-lip vir jou te lag,
dis die verlange
wat ek in my dra
en vlammespel dop te hou,
om vleis op die kole te ruik
en blink-lip vir jou te lag,
dis verlange
wat ek in my dra
Wat sĂȘ jy Gawie?