Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on March 22, 2013, 05:38:40 AM

Title: Aanslae van buite
Post by: Gawelina on March 22, 2013, 05:38:40 AM
Alleen in 'n skare -
oorverdowend die stilte
waar stemme lag en skree.
Alleen tussen mense
wat meeding met konflik,
skreeuend om daad'like hulp

'n beskaafde oorlog
wat om my kop losbars,
linies van onbeantwoorde vrae
wat alle vrede verdring.

Waar moet jy eerste verdedig,
waar die eerste aanval verwag,
waar die meeste nood verlig,
waar 'n eie borswering dra?

Bomskuiling van eie behoud
is deur ander beset.
Waar skuil 'n ma
teen die wêreld se veldslae,
wie gaan haar trane afvee?
Waar kruip jy weg vir jouself,
wie beskerm jou
teen jou eie demone?
Title: Re: Aanslae van buite
Post by: PM on March 22, 2013, 07:15:24 AM
Die vrese wat 'n ma het sal altyd daar wees.  Mooi geskryf matertjie.