Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on March 22, 2013, 04:19:49 AM

Title: Ausie Road Trains: Spesiaal vir Joe, daai ou.
Post by: Meraai vannie Baai on March 22, 2013, 04:19:49 AM
Mater, ek het al so baie vir jou vertel van die groot monsters (road trains) wat voor ons pandokkie stop
om die vrag na te gaan, of net bene te rek op die lang pad na die Noorde.
Vanoggend het die ene weer ons ingang versper en toe gryp ek gou die kamera om te wys.
Die skakel na die lied wat ek vasgesit het sal jy geniet Joe :) heelwat monsters te siene
en ons 'Ausie King of Country' se stem daarby, 'n bonus!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/RoadtrainvoorPandokkie.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Roadtrains-1.jpg)

http://www.youtube.com/watch?v=FKhAey9XKz0
Title: Re: Ausie Road Trains: Spesiaal vir Joe, daai ou.
Post by: PM on March 22, 2013, 06:50:24 AM
Ek lief sulke groot vragmotors. (lorries vir AB)  :icon_biggrin: 
Hy is reg, 'n trok hoort by 'n trein.   :bootyshake:
Title: Re: Ausie Road Trains: Spesiaal vir Joe, daai ou.
Post by: Joe Daai Ou on March 23, 2013, 05:47:04 AM
Sjiiieee Meisie, dis grote goete daai! Smaak my dan nou Becky en Betta sal kom staat en klein lyk neffens hulle! Oi joi joi, ek sal maar in 'n anner straatjie moet 'park' as ek gou 'n kommetjie Gat kom drink by julle, wil nou nie dat my meisie iesegrimmig raak wat size betref nie!  :notworthy:
Title: Re: Ausie Road Trains: Spesiaal vir Joe, daai ou.
Post by: Meraai vannie Baai on March 23, 2013, 06:13:47 AM
Giggel ek vir julle twietjies. Gewis groot monsters hierdie ne julle! Daar kom so tussen dertig en veertig van hulle in 'n uur verby die pandokkie. Ons het die gebrul al gewoond geraak. Wou lankal wys hoe lyk so 'road train'. Bly julle't ook geniet  :icon_biggrin:
Title: Re: Ausie Road Trains: Spesiaal vir Joe, daai ou.
Post by: AB on March 23, 2013, 11:04:54 PM
dankie rietja, dis mos nou 'n gesond groot lorrie daai.
Title: Re: Ausie Road Trains: Spesiaal vir Joe, daai ou.
Post by: Meraai vannie Baai on March 23, 2013, 11:46:13 PM
 :love7: Ek stem Stoffel. Gesondgroot  :toothy4: :hello2: :book1: