Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on March 19, 2013, 08:33:58 AM
-
Papiere stapel op,
griffels met geen stop.
Gemoed vol roet,
dis wat ‘n skrywer inboet!
‘n Pot vol vlooie,
vergete en hede se gebooie;
verstrooid staar letters terug.
So los die digter ‘n sug.
Van beter weet,
na eerder vergeet,
dis alles in jou verbeelding.
Die nare ding wat jou stilte bring!
© :angel12:
-
Mooi Trappies, ek is bly om jou weer hier te hê en al skryf 'n mens net omdat jy nie kan skryf nie is dit beter as niks. Ek stuur vir jou muse wat skriks vir niks. :love7:
Dit was heerlik om vir jou en Ouma Trappies in die Kaap te sien. Jammer dit was so kort.
-
Wonderlik om weer van jou griffels te kan geniet Trappies! Lief die 'gemoed vol roet' :notworthy: :icon_salut:
-
Dankie PM en Ta-Meraai.
:angel12: