Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on March 17, 2013, 08:15:15 PM

Title: Boodskap in 'n rooi koevert
Post by: Gawelina on March 17, 2013, 08:15:15 PM
twee duifies op 'n tak,
'n helder bergstroom lied,
die blare van 'n spierwit roos,
die huppel van die springbokram,
instruksies in die rooi koevert
wat ek vir jou wil stuur

die hitte van my lyf se voel,
die geure van die somernag,
die eggo van my fluisterstem,
die ritme van my hart se klop,
beloftes in die rooi koevert
wat ek vir jou wil stuur.

versigtig seël ek dit
met lippe pienk en sag,
en nou kan ek net rustig wag
tot jy vir my kom haal.
Title: Re: Boodskap in 'n rooi koevert
Post by: PM on March 17, 2013, 08:43:00 PM
Baie mooi Gawelientjie.  Dit is sooooo romanties!
Title: Re: Boodskap in 'n rooi koevert
Post by: werelde weg on March 17, 2013, 08:54:36 PM
like!!!

hitte van broei  :angel7: