Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: AB on March 14, 2013, 05:14:22 PM

Title: 'n eie huis
Post by: AB on March 14, 2013, 05:14:22 PM
Goeie middag almal

slaap vannad 3 de nag na amper 1 jaar in ons eie huis. Het Dinsdag middag na pars gou span mense gevat en die nodige goed oorgery, 2 lorrie vragte ( 3 tonner) en 4 bakkie vragte. Het 11 en half maande gelede met net 'n paar goedjies in die kar se kattebak daarheen gery en nou so moewiese trek terug.
slaap nog nie in ons eie bed nie want ons het nog nie 'n eie bed nie, is nog oppad van oudshoorn af. eerste nag in spaarkamer geslaap, was goor, naby aan die pad en klomp geluide wat ons nie ken nie. laasnag in die oudste kind se kamer geslaap, dit was beter en ook verder van die pad af.

sjoe mens raak gou bederf. ons slaap vir 28 jaar op 'n gewone dubbelbed. die plek wat ons gehuur het het 'n kingsize bed. vrek groot...te groot. slaap toe 2 nagte gelede in die spaarkamer op gewone dubbelbed...sjoe dis klein en beknop. die seun se kamer het queen size bed in, dit voel net reg, nie te groot of klein nie. nou wonder ons hoe het ons so lank op dubbelbed gepas. seker maar vet geraak die jaar wat verby is.
Title: Re: 'n eie huis
Post by: Meraai vannie Baai on March 15, 2013, 12:57:38 AM
Ai Stoffel dis mos nou wonnerlike nuus jongie. Hoop julle kry bed wat pas soos handskoen hoor!! Geluk met die intrek en mag daar vir julle net vreugdevolle ervarings vorentoe wag matertjie. Sjoe, die tyd het gevlieg ne!
 
Title: Re: 'n eie huis
Post by: Fransi on March 15, 2013, 07:12:44 AM
Baie bly vir julle. :-)
Title: Re: 'n eie huis
Post by: PM on March 15, 2013, 07:30:41 AM
Baie geluk AB.  Ons weet sommer julle gaan nou baie lekker bly.

Title: Re: 'n eie huis
Post by: AB on March 15, 2013, 12:16:16 PM
dankie ons is ook net so bly. dis lekker by die huis. en makilker en naby wingerd. kan kom inloer.

meraai soos jy my ken sal jy mos weet ek soek net 'n bad wat reg pas en die beste matras wat ek kan bekostig. 20 jaar waarborg matras wat ons gaan probeer in 10 jaar opgebruiik.

Title: Re: 'n eie huis
Post by: PM on March 15, 2013, 04:46:11 PM
  :angel4: