Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on May 24, 2011, 01:52:51 PM

Title: Ons skarlaken koors!
Post by: Trapsoetjie on May 24, 2011, 01:52:51 PM
Ons skarlaken koors!

Jou oë staar skarlaken
Deurboor jy die skare
Skatkis vol graniet
Word ons saam gegiet
 
Begin ons skattejag.
Soos prooi verag,
jagters se mag.
Stemme raak sag.

Verwoesting, verwarring
valse verwelkoming,
wat ons algaar omring,
op ons aandring.

Dan breek die vulkaan,
wanneer jou hande my gesig omraam.
Geluk, vry, volkome voldaan,
vleg ons vreugde saam.

©  :angel12:
Title: Re: Ons skarlaken koors!
Post by: Naas on May 24, 2011, 02:26:14 PM
Ou Trappies... Jy mag maar.  :notworthy:
Maar ek is bevrees my ogies is net skarlaken die oggend na 'n goeie gefuif.  :hello2:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ons skarlaken koors!
Post by: PM on May 24, 2011, 04:02:51 PM
Pampoenpitte!  Ek is veral mal oor jou laaste strofe!  Dit is puik Trappies. 

Ek moet sê, die kleur waarin jy die gedig geskryf het is baie toepaslik.