Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on March 07, 2013, 11:22:13 AM
-
Die Aandster, skaamsku
Knipoog haar goeienaand
As Vader Son sy kop
onder die westerkim insteek
vinkies, Mossies stilweg, ongesiens
in hul nessies ingesuig
en die Hadida se kreet van vrees
in die purper horizon verdween
in die verte lag ‘n vroutjie
stilweg sag
die klingel van koppie en bord
versmeld, verweef
met klanke
wat oor die eter heen uitsweef
en die diep-bas blaf van buurmanshond
se gesels met teefhond straatblok weg
en soos die ure, minute
dan geluidloos die nag intik
so vervaag die veraf, naby aandgeluid
wanneer Klaasvakie, saam ,met kriekesimfonie,
met sy grafie sy sandjies strooi
in ogies groot
en ogies klein
en in daardie uur van die nag
waar die donker ‘n inkswart skag
ontwaak uit soete slaap
deur iets wat ek nie weet
‘n Skoensool skuur op teer?
En angssweet dribbel klewend, taai
Teen my buuste aan, ‘n poeletjie op my buik
Wat bloedrooi skyn in amper-lig
Is dit ‘n takkie wat breek
Onder rampokker stewel?
Maar kombers oor kop
Sal geen inbreker keer
En slaap is nou ‘n dagreis weg
Net om stilweg ongesiens weer aan te val
En die nagduiwels die newels in te jaag
Was die nag-geluid maar ‘n verbeeldingsvlug?
-
Baie goed geskryf.
-
Pragtig Jeannedarc. Ek het al vergeet hoe pragtig skryf jy. Boektoe nê!
-
:notworthy: :icon_salut: :book1:
-
Ek het hier kom loer na die boektoegoed. Hierdie een moet beslis 'n kansie kry, maar as jy kan kom help met die leestekens sal ek dit baie waardeer.
-
ek sal so maak Mev Smit
-
Hier's hy weer - seblief mevrou se tog nou - is dit beter? Ek het so hier en daar gespeel maar kyk seblief en as ek iets gemis het, 'n leesteken, sit dit in, al is dit min.
Die Aandster, skaamsku,
Knipoog haar goeienaand
As Vader Son sy kop
onder die westerkim insteek
Vinkies, Mossies stilweg, ongesiens
in hul nessies ingesuig
En die Hadida se kreet van vrees
in die purper horison verdween
In die verte lag ‘n vroutjie
stilweg sag.
Die klingel van koppie en bord;
versmeld, verweef, met klanke
wat oor die eter heen uitsweef
En die diep-bas blaf van buurmanshond
se gesels met teefhond straatblok weg
En soos die ure, minute
dan geluidloos die nag intik
So vervaag die veraf, naby aandgeluid
Wanneer Klaasvakie, saam met kriekesimfonie,
met sy grafie sandjies strooi
In ogies groot, en ogies klein
En in dáárdie uur van die nag,
waar die donker ‘n inkswart skag;
ontwaak uit soete slaap
deur iets wat ek nie weet.
‘n Skoensool skuur op teer?
En angssweet dribbel klewend, taai!
teen my buuste aan, ‘n poeletjie op my buik
wat bloedrooi skyn in amper-lig.
Is dit ‘n takkie wat breek
Onder rampokker stewel?
Maar kombers oor kop,
sal geen inbreker keer.
En slaap is nou ‘n dagreis weg,
net om stilweg, ongesiens weer aan te val
en die nagduiwels die newels in te jaag.
Was die nag-geluid maar ‘n verbeeldingsvlug?