Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: Louis on March 04, 2013, 05:23:38 PM
-
Groen oe tuur deur n sluier van gister se onthou
waar dansende gedaantes in wasig glim ontvou
skimme
van n klipbankie hoog teen n krans van Gordonsbaai se see
Woodbridge se koi dam die kleurryke visse wat speel
Sewenwagt se piekniek bome en perke
die koningin van alle berge
die reuk van botaniese tuine
dolphin beach se klippie strand en duine
die berg se steilte by Smitswinkelbaai
beachcamp se A raam huisies fraai…
skimme van samesyn
skimme van gistersfontein
-
Pragtig Louis. Dankie dat jy weer kom deel het. Ons het jou gemis.
-
Wonderlik om jou weer raak te lees! Ek geniet nog steeds jou bydraes in boek 1 Louis! Hoop dat jou werk ook gaan pronk in boek 2 :hello2: :icon_salut:
-
Moenie vergeet van die pragtige sketse nie.
-
Ek weet! Die boek was blaai vir blaai afgeneem en ek't vir ons 'n dvd met klank by daarvan gemaak PM. Die sketse, ander kunswerke en AB se fotos is sooooo pragtig. My familie was gaande daaroor!!
-
Eendag as ek groot is, gaan ek beslis kom kyk daarna. Louis het na boek 1 die pragtigste diere sketse hier in sy eie plekkie kom plaas. Dit moet net boek 2 toe gaan.