Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on March 04, 2013, 04:48:52 PM
-
My kind,
as verlange jou hart in 'n wurggreep het
en trane 'n vuur in jou keel aansteek,
as drome jou vyand word
en bang jou metgesel is,
is dit beter om laggend voor te gee
wyl seer jou van binne vreet,
om jou kop op te tel
voor jou voete 'n grondpad sleep.
Om die lewe te leef wyl als in jou
oop arm na die onbereikbare strek,
selfs om vergeefs lief te hĂȘ,
is beter as 'n lewe sonder hoop,
-
Dis baie baie mooi, ek lief dit! :notworthy: Reguit boek toe!
-
AMEN! Dit is boektoe gehalte Gawes!
-
So mooi, so waar.