Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Fransi se plek => Topic started by: Fransi on February 25, 2013, 10:18:55 PM

Title: Skaaf weer
Post by: Fransi on February 25, 2013, 10:18:55 PM
 :hello:
Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: PM on February 25, 2013, 10:50:01 PM
Vir my maak dit nie saak wat jy skryf nie, ek sal steeds slaafs daaraan hang.  Jou skrywe is altyd vir my 'n feesmaal, so reg vir die connoisseur, 'n woordvraat van formaat! Sou dit van 'n mite of 'n sprokie-  of argaies soet wees, sou ek elke letter, elke frase indrink, die grootste genot daaruit put.   :notworthy:  Maar nou-ja, gun my asseblief, 'n laataand serenade, vir jou woordgenot!


Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: Meraai vannie Baai on February 25, 2013, 10:54:41 PM
Ek is reguit woordhemel toe met hierdie skepping Fransi. Amen op elke woord in PM se kommentaar  :love7:
Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: Fransi on February 26, 2013, 12:06:37 AM
Dankie.  :love7:

Ek het hierdie een so 'n jaar, miskien twee, terug geskryf nadat ek van die reëls vir die hedendaagse digkuns onder oë gehad het. Ai rebellie. ;-)
Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: Marius on February 26, 2013, 08:02:38 AM
Ek het natuurlik my ken ver uitgesteek vir die ene... grinnik   :glasses9:
Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: Fransi on February 26, 2013, 08:42:17 AM
Groot glimlag. Marius eintlik dink ek dat reëls goed is. Dit bied riglyne en selfs die meesters in enige kunsvorm het by die reëls begin, voordat hulle hulle eie stem gevind het. Hahaha, ek onthou die eerste keer wat ek van die reëls/riglyne onder oë gehad het- ek dink dit was op Woes- my arme egotjie het 'n harde slag gekry. Hierdie gedig het gespruit uit daardie gevoel van ewe skielik weerloos, onseker, uit die oude doos en daarom effens op my perdjie wees. :-) 
Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: PM on February 26, 2013, 09:59:00 AM
Ek luister hoe die asblikke
prul-bekkig sing
beuel vir die wind-
,
Hier sien ek al die dikbrille en boeppense wat koorsing    :icon_biggrin:

selfs ons s'n
wat rebels
‘n haakspeld
in die reguit streep
op straat maak-

Hier sien ek net jou asblik wat regtig fisies rebels uit die ry uitklim. 

Ek lief my eie prentjies.   :icon_biggrin:
Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: Fransi on February 26, 2013, 10:15:28 AM
:-) Dankie PM, dit is lekker as iemand anders raaklees wat jy met jou beelde probeer sê het.
Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: Meraai vannie Baai on February 26, 2013, 10:51:31 AM
En ek kom agterna geniet hoe die skrywersmaters die woorde dissekteer en ontleed tot groot vreugde vir my wat in die hoekie sit en wag  :love7: :notworthy:
Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: Fransi on February 26, 2013, 11:00:32 AM
 :love7:
Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: PM on February 26, 2013, 12:12:02 PM
Raaitjie, ek lief komtare, want dit bring my terug na elke skrywer se werk en ek lees dit weer en weer en elke keer sien ek nog prentjies en dink en dink daaroor.  Soms gaan ek bed toe met 'n "versreëlprentjie" en troetel dit onder my
kopkussing.   :icon_biggrin:  Soms lees ek iets raak en dink ek het dit geskryf   :icon_biggrin: soveel kere het ek dit gelees. 
Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: Fransi on January 16, 2014, 08:19:11 AM
Ek het nou weer hieraan geskaaf.
Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: PM on January 17, 2014, 09:25:51 PM
 Goed gedoen matertjie.   :icon_salut:  Ek lees dit oor en oor en hou van die "verf afskraap teen 'n skielike omheining".  Die hele gedig lees pragtig. 
Title: Re: Reëls vir die digkuns
Post by: Fransi on January 17, 2014, 11:38:59 PM
 :love7: Baie dankie PM.