Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on February 25, 2013, 07:33:45 AM
-
Sterf die swaan
TV spelende selfoon tikkende tieners
veilig in psigiese bom-skuilings
wat haat sonder saak
of nee, daar is ‘n saak,
maar die saak is fiktief
uitgedink
die saak is –
vrees
vrees –
van minderhede
allerhande minderhede
Rooikoppe met sproetjies
(nie gesien as bedreigings nie)
want in die ónbekende die bedreiging -
reël of vebeel
en soveelmeer as dit verskuil is
maar minderhede is net mense - soos ons -
en tog,
die vrees
vrees -
mags-implement van politici
verkoopsinstrument van skoonheidsmiddel kettingwinkels
Onontbeerlike allesoorheersende essensiele vrees
van alleenwees; nutteloos wees; van vergeet word; oud word
en dat niemand omgee wat ons dink nie
is vrees
vrees
wat paraliseer, wat motiveer, polariseer
want eers na menige somer sterf die swaan
as jy gelukkig is
en begin om te lewe
sonder vrees.
-
Vrees is voorwaar 'n magtige instrument in die hand van te veel!
-
absoluut
-
Goed gedoen Marius. Die ouens wat nog nie hierdie gelees het nie kan gerus so maak, dit is die moeite werd.
After Many a Summer Dies the Swan By Aldous Huxley
-
Sjoe, hierdie is werklik 'n besonderse gedig. Dit is vrees vir verwerping wat jou dikwels vir jare in 'n boksie van tradisie en sosiaal aanvaarbare norme vir 'n spesifieke kultuur druk. Dit is die vrees vir die omverwerping van jou persepsieraamwerk/geloofstruktuur ens. wat lei tot haat/ onverdraagsaamheid en die vrees om vrae te vra. Om uiteindelik vreesloos jou eie pad te vind is moeilik, eensaam, 'n proses wat soms jare duur, maar dit is bevrydend.
-
En inderdaad die inspirasie van die tema en titel van die gedig. Ek was onder druk om verduidelikende notas te skryf maar ek kan sien dat dit, met die regte leser, onnodig is. Dankie. :)
-
http://en.wikipedia.org/wiki/After_Many_a_Summer
-
Ek hoop jy het hierdie gedig ingeskryf vir die skole projek wat Januarie gesluit het. Hierdie gedig is perfek. Goed gedoen Marius.
-
Erm, Ans, geen benul waarvan jy praat nie. Ek lei maar eintlik 'n geisoleerde lewe jong. :)
-
Sterf die swaan
(gelees in 'n gejaagde toon)
X-Box-spelende-selfoon-tikkende-tieners,
veilig in psigiese bomskuilings,
wat haat sonder saak,
of nee~, daar is ‘n saak,
maar die saak is fiktief,
uitgedink,
die saak -
is vrees.
Vrees:
Van minderhede,
allerhande minderhede,
soos rooikoppe met sproetjies
nie gesien as bedreigings nie
want in die ónbekende die bedreiging,
reël of verbeel,
en soveel meer as dit verskuil is,
maar minderhede ís net mense, soos ons,
en tog,
die vrees.
Vrees:
magsimplement van politici;
verkoopsinstrument van skoonheidsmiddel-kettingwinkels;
Onontbeerlike allesoorheersende essensiële vrees;
van alleenwees; nutteloos wees; van vergeet word; oud word
en dat niemand omgee wat ons dink nie -
is vrees.
Vrees:
Wat paraliseer; motiveer; polariseer;
want eers na menige somer ás jy gelukkig is:
sterf in jou die swaan, jou ego
en begin die ware jy om te lewe -
sonder vrees.