Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on February 25, 2013, 06:09:46 AM
-
Saterdag oggend vroeg die 2 fotos geneem so in die ry.
Gou melk en brood gaan koop by ons plaaslike winkeltjie
oppad na Meisiekind hulle toe vir die naweek.
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Ourcountrytown.jpg)
-
So uit die goeie ou oude doos...
-
Hier kry jy nog maklik 'n hele mandjie met vars vrugte en groente op die agterste sitplek as jy gou ergens indraf vir 'n besigheidjie en buurman het verby jou vier by viertjie gestap Marius! Ons het al verleer om te sluit in Gatkantland :icon_biggrin:
-
Dis julle dorpie maar die datum is verkeerd! :icon_biggrin: Goed gedoen matertjie.
Hier by ons sal jou groente en vrugte verdwyn is jy nie toesluit nie.
Hou ons tog op hoogte van die vloede.
Koop genoeg brood en melk en pad dit in die vrieskas. :love7:
-
Dit lyk werklik soos 'n toneel uit ons voorvadertyd ne :icon_biggrin: Ons het eerste ding vanoggend eers gou geloer na die stand van die riviervlakke. Aan't styge alweer maar ons het dit verwag. Daar kom nog 'n front aan vandag en in die Noorde is 'n sikloon wat niks goeds voorspel vir die binneland nie. Sal julle op hoogte hou :bootyshake:
-
In die Sondagskool
AG Visser
,,Ja, veertig dae agtereen
en veertig nagte lank gereën!
Dis 'n rekord tot op hede."
,,Meneer, mag ek Meneer iets vra?"
,,Maar alte seker, Japie. Ja?"
,,Was die boere toe tevrede? "
Skuus, maar ek kon nie die een laat verbyglip nie. :icon_biggrin:
Ek hoop julle kry nie te veel skade nie. Alles is seker nog nie eers reg van die vorige vloedde nie.
-
Van die boere gaan beslis negatief antwoord PM :toothy4:, die koring het verrot op die lande. :crybaby2:
Bittttter seer gesig om te aanskou hoor en daar kom nog reen. So die ouens wat wag dat hulle lande droog word sodat hulle kan ingaan met implente sit en naels kou op die oomblik. Dit reen en reen alweer ...
-
Skuus aan die boere matertjie, ek wou nie ongevoelig klink nie. Jy kan verseker wees ek het daai klein duiweltjie hier op my skouer 'n deeglike preek afgesteek!
Dit bring baie skade en dit is nie iets wat jy sommer gou kan regmaak nie, dit neem 'n hele seisoen.
-
Ekke weet dat jy dit nie ongevoelig bedoel het nie matertjie! :love7: Ek het die gediggie inderdaad geniet en besef baie van ons boere sou moes kop skud vir nee... nie tevrede nie. Vanaand gesien die reen klaar more effens op maar nog 'n front oppad. Oi joi joi eers bars die aarde oop van droogte, dan verspoel ons en sowaar - hier is die volgende sarsie :`ip2:
-
Julle klink soos Suid Afrika!
Hier by ons is dit bloedig warm vandag, lyk of ek 'n stortkoppie bokant my kop
het. :icon_biggrin:
-
Giggel ek vir die beeld wat ek nou sien :icon_biggrin: Julle moet mooi ry more en gee asb vir ouma Naas 'n drukkie van ons af hoor :love7:
-
Ons maak so matertjie. Baie dankie vir jou harde werk. Sal wag vir die ander prentjie by die gedigstrukture. :love7: