Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on February 23, 2013, 11:36:04 AM

Title: Bundel insetsels Marius Buys - Hartstog
Post by: Marius on February 23, 2013, 11:36:04 AM
Hartstog

Godin
u soen
se soekende smagtende lippe
lok my raak my daag my
verlei my
na Uthopia
waar
bloed
wild
stort
soos
'n waterval
deur my hart
en taboe flitse
deur my brein bruis:
Verbode visioene van
verstrengelde lywe tussen swart satyn
wat soos maalende vegtende slange daarin verdwyn;
waar rede vergete ongedy en kru vertap
oorgee aan drange ongetem en oer...

Kopiereg Marius Buys 2013
Title: Re: Hartstog
Post by: PM on February 23, 2013, 03:00:55 PM
Pragtig!  Die metrum jaag my saam deur die storie en ek is mal oor die halfrym wat jy so mooi toepas.   :notworthy:

Title: Re: Hartstog
Post by: PM on June 09, 2013, 12:42:45 PM
Hartstog

Godin
u soen se soekende
smagtende lippe
lok my
raak my
daag my
verlei my na Uthopia
waar bloed wild stort
soos 'n waterval deur my hart
en taboe flitse deur my brein bruis:
verbode visioene
van verstrengelde lywe
tussen swart satyn
wat soos malende
vegtende slange
daarin verdwyn;
waar rede vergete
ongedy en kru vertap
oorgee aan drange
ongetem
en oer...

© Marius Buys
Title: Re: Hartstog
Post by: Fransi on June 10, 2013, 09:42:12 AM
Beaam. Dit lees lieflik en intens.
Title: Re: Hartstog
Post by: Jeannedarc on June 10, 2013, 10:27:07 AM
kan ons seblief 'n ouderdomsbeperking hierop plaas want die film wat deur die woorde gewek stoom soos 'n sauna nie kan. i really enjoyed this. very well written in my opinion.
Title: Re: Hartstog
Post by: PM on June 10, 2013, 10:50:49 AM
 :icon_biggrin:  So gemaak!  Natalie, jy mag nie weer daardie bril opsit as jy fliek kyk nie!  :icon_biggrin: