Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on February 23, 2013, 11:32:42 AM

Title: Winkel van hoop
Post by: Marius on February 23, 2013, 11:32:42 AM
Winkel van hoop

Ek wens ek het 'n winkel van hoop
wat splinternuwe drome verkoop,
waar jy jou seer hart om kan ruil,
waar jy afslag kry vir trane gehuil.

As jy versoek kan ons tyd verstel
en ook verlore hart se plek vertel,
gebroke beloftes weer waar maak,
en geliefde tweespalt sommerso staak.

Hier wis ons elke kwaal se kuur
en red ons als voor laaste uur,
reël besoeke aan oorledenes,
bring duidelikheid in die twyfelmis.

Ja, voorwaar wonderlik dié plek
met sy ritte tot voor hemelshek.
Ag man! Kyk tog nou hoe laf van my,
wat só net voor kerk met God wil stry.

Kopiereg Marius Buys 2013
Title: Re: Winkel van hoop
Post by: PM on February 23, 2013, 03:03:31 PM
Dit is mooi geskryf met 'n verrassende einde.  Wel gedaan Marius.