Oorlewing
Virewig jou stryd verby,
jy, my afgestorwene,
geen meer wroeging en baklei,
binne ons hel - lewende.
Wit kruise op 'n heuwel -
Afrikaner Golgota,
die saamleef met 'n euwel,
'n haatstraf deur 'n volk gedra.
Die smaad van ons verowenaar,
dronkverlustig in sy mag,
kru verkry as moordenaar,
honend kil in sy grynslag.
O ongeskrewe vers!
O terugtog na die lewe!
Ons nadood ritueel pervers,
'n terugkeer na menslikhede.
Kopiereg Marius Buys 2012
Hier het jy my nou woordeloos. Die waarheid ontbloot. Goed geskryf.
Ek probeer 'n beeld skep tussen die plaasmoord tendens en die ritueel van begrafnis as helende meganisme wat gepolariseerd teenoor mekaar staan...