Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on February 22, 2013, 11:16:50 AM
-
Woordelary
Die vyf dekades wat ek nou lewe,
een jaar geneem daaroor te skrewe,
met afgeskaalde lewensstandaard
betaal vir tyd vir skryf en als gepaard.
Kreatief gekook, gebak, gebrou
die papier my stoof van my vir jou.
Van DS- na TOP- na geen TV
my kykgenot aan dink gegee.
Alleen geloop, gefliek, gevry
gesoek na muus' en waar sy bly.
My honde darem, was gespaar
vir vryf as faal my trane baar.
Ja, deur winterkou se bib en bewe
was bundeltjie geboort' gegewe
en op my hardgewonne loodsings-dag
vra jy wragtag dan - vir nóg afslag!
-
Ek lief dit! Ek wil ook graag weet waar muus bly. :icon_biggrin: