Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on February 22, 2013, 09:30:49 AM
-
Meisie op die brug
Haar glimlag was ‘n masker
haar lewe was ‘n leuen
niemand kon haar meer troos nie
sonder skare staan sy -
alleen,
want nie alle wonde wys nie
en woorde kan soms moor.
Haar gees al so lank gebroke,
haar sinne so naby aan verloor:
“More is daar geen pyn nie, dan is alles al verby”
maar niemand het haar hoor praat nie,
en swak, bewend, het haar hande
die brug se reeling voel-voel gekry.
“Moet ek bieg in ‘n brief, vir oulaas?
Ek sal tog net weer lieg.” dink sy,
en in haar daal ‘n donker stilte
oor haar demonehel se raas.
So pragtig voor haar die vista,
hier op die randjie van haar dood,
onder kronkel kille klippe
die verlossing van haar nood.
Haar liggaam pleit
nee,
haar hart eis ja,
en met 'n lam geskuifel,
was daar géén meer vrae.
In stilte stort Van Staden,
sy sewe en tagtigste traan.
Eers later sou stappers haar daar kry -
verpletter.
Net soos haar lewe.
Kopiereg Marius Buys 2013
-
Aangrypend geskryf.
-
Fransi ek wou aanvanklik 'n veel langer gedig skryf maar moes dit vroeg sny omdat die navorsing my totaal onverhoed betrap het. Ek het naderhand lus gevoel om myself hard oor die kop te neuk oor ek met iets so diep en emosioneel begin as om selfmoordbriewe as bron vir die gedig te gebruik om dit meer geloofwaardig te laat klink. Ek was eenvoudig nie voorberei toe die realiteit van die mense se laaste woorde my tref nie. Die gedagtes in die gedig is nie van net een persoon af nie maar 'n samestelling van woorde, frases en sinsnedes uit werklike briewe, wel, ek dink hulle is werklik maar wie weet as jy google gebruik.
-
Dit is werklik mooi geskryf Marius. Geen hoogdrawendheid nie, net eenvoudig. Dit gryp my aan.
-
PM so ok was nie n enkele selfmoordbrief wat ek gelees het nie. Almal was geskryf in gewone algemene taal en dit was plat, dit was duidelik en die rou hopeloosheid was duidelik en ek wou dit in die gedig uitbring.
-
Ek dink dit is juis daardie egte kwaliteit wat 'n mens aangryp hier en in die persoon/persone se skoene plaas. Dit eis gewis 'n tol en is 'n groot verantwoordelikheid. Kuns in enige vorm het beslis baie mag en invloed. Jy het 'n baie moeilike onderwerp aangrypend en met empatie aangeraak. Hartroerend.
-
Meisie op die brug © Marius Buys
Haar glimlag was ‘n masker
haar lewe was ‘n leuen
niemand kon haar meer troos nie
sonder skare staan sy
alleen,
want nie alle wonde wys nie
en woorde kan soms moor.
Haar gees al so lank gebroke,
haar sinne so naby aan verloor:
“More is daar geen pyn nie, dan is alles al verby”,
maar niemand het haar hoor praat nie
en swak bewend het haar hande
die brug se reëling voel-voel gekry.
“Moet ek bieg in ‘n brief, vir oulaas?
Ek sal tog net weer lieg.” dink sy
en in haar daal ‘n donker stilte
oor die demonehel se raas.
So pragtig voor haar die vista,
hier op die randjie van haar dood,
onder kronkel kille klippe
die verlossing van haar nood.
Haar liggaam pleit nee,
haar hart eis ja
en met 'n lam geskuifel,
was daar géén meer vrae.
In stilte stort Van Staden,
sy sewe en tagtigste traan.
Eers later sou stappers haar daar kry
verpletter,
net soos haar lewe.
-
oeee dis diep en dis eina. dis ook baie mooi. ek persoonlik sou net een iets verander het en PM sal my op die brandstapel offer daaroor: ek sou in die eerste stansa die tweede laaste reel die tweede "nie" uitlaat sodat dit dan lees:
"want nie alle wonde wys
en woorde kan soms moor"
-
Meisie op die brug
Die glimlag was ‘n masker,
haar lewe was ‘n leuen.
Niemand kon haar meer troos nie
sonder skare staan sy -
alleen,
want nie alle wonde wys nie
en woorde kan soms moor.
Haar gees al so lank gebroke,
haar sinne so naby aan verloor:
“More is daar geen pyn nie, dan is alles al verby”
niemand het haar hoor praat nie,
en swak, bewend, het haar hande
die brug se reeling voel-voel gekry.
“Moet ek bieg in ‘n brief, vir oulaas?
Ek sal tog net weer lieg.” dink sy,
en in haar daal ‘n donker stilte
oor haar demonehel se raas.
So pragtig voor haar die vista,
hier op die randjie van haar dood,
onder kronkel kille klippe,
die verlossing van haar nood.
Haar liggaam pleit
nee,
haar hart eis ja,
met 'n lam geskuifel,
was dit die einde van haar vrae.
In stilte stort Van Staden,
sy sewe en tagtigste traan.
Eers later sou stappers haar daar kry,
verpletter,
net soos haar lewe.