Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on February 22, 2013, 09:25:45 AM
-
Waar koppe soos klippe sing
Wanneer? Vra die engel wat aan die paal hang.
Gou. Sê die wind wat die wolke saamwaai.
Wie? Vra die grond wat na lewe verlang.
Ek. Sê die tyd wat sy wyser rondswaai.
Hoe? Vra die paal, en die wind, en die grond.
Hoekom? Vra die nag wat sy donkermaan skyn.
Waar? Vra die blits wat wag om te brand.
In die vuur. Sê die tyd wat se wyser verdwyn.
Nee. Sê die stof wat in die wind skuil.
Nee. Sê die engel aan die wind met die moord.
Nee. Sê die nag en begin om te huil.
Ja. Sê die tyd sonder 'n woord.
-
Kom gee vir my 'n uitleg van hierdie gedig asseblief Marius.
-
PM die gedig is geskryf om universieel en simbolies tot die onderbewussyn te spreek en om dit 'n enkele verduideliking te gee sal dit 'n bietjie onreg aandoen. Ek plaas egter twee van baie senarios wat die voetspoor van die gedig aanspreek.
1. Ek het 'n vriendin met 'n aggresiewe vorm van Lupus wat haar vel, vleis en interne organe stadig maar seker wegvreet.
2. Ek het 'n ander kennis wat lewenslank gevonnis is vir hoogverraad.
Alhoewel die gedig nie spesifiek vir hulle gekryf is nie, gebruik ek hulle situasie en persoonlike omstandighede as voorbeeld.
In almal van ons kom daar gevalle voor waar die hede so onaanvaarbaar is dat die status quo gaan verander, of ons dit wil of nie. Die simbole in die gedig is met opset met wye universele toepaslikheid geskryf, die detail van die betrokkenes kan verander, die nihilisme van 'n onafwendbare skrikwekkende verandering, nie.
Ek moet egter ter verduideliking byvoeg dat "TYD" die antagonis is binne die konteks van die gedig.
-
Die volgende het my veral getref toe ek dit gelees het:
Wanneer?
Gou.
Wie?
Ek.
Hoe?
Hoekom?
Waar?
In die vuur.
Nee.
Nee.
Nee.
Ja.
Die stryd, worsteling en onvermydelike wat dit uitbeeld.
-
Fransi, ek het ook daardie eerste woorde bekyk, maar kon nie regtig die kloutjie by die oor bring nie. Ek verstaan mos gou as iemand lank verduidelik. :icon_biggrin:
Dankie Marius. Dit is diep!
-
Die gedig is doelbewus as eintlik twee gedigte in een geskryf en is verondestel om subtiel op die leser in te werk sonder dat hy/sy dit registreer. Ek gee bietjie van my geheim weg hier maar die eerste woorde is wat op onbewustelike vlak met die leser kommunikeer terwyl die tweede gedeelte die verwysingsraamwerk verskaf en die eerste gevoel onderskraag asook "toegooi". Die brein is 'n wonderlike ding wat boodskappe lees sonder dat ons daarvan bewus is. Ek probeer dit in die gedig gebruik om 'n gevoel van onvermydelike doem te skep.
-
Waar koppe soos klippe sing
(gelees in 'n fluistertoon)
Wanneer? Vra die engel wat aan die paal hang.
Gou. Sê die wind wat die wolke saamwaai.
Wie? Vra die grond wat na lewe verlang.
Ek. Sê die tyd wat sy wyser rondswaai.
Hoe? Vra die paal, en die wind, en die grond.
Hoekom? Vra die nag wat sy donkermaan skyn.
Waar? Vra die blits wat wag om te brand.
In die vuur. Sê die tyd wat se wyser verdwyn.
Nee. Sê die stof wat in die wind skuil.
Nee. Sê die engel aan die wind met die moord.
Nee. Sê die nag en begin om te huil.
Ja. Sê die tyd sonder 'n woord.