Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Fransi se plek => Topic started by: Fransi on February 22, 2013, 09:11:12 AM

Title: skaaf weer aan hierdie een
Post by: Fransi on February 22, 2013, 09:11:12 AM
 :hello:
Title: Re: The Fool (Major Arcana)
Post by: PM on February 22, 2013, 09:59:47 AM
Onskuld en passie? 
Pragtig geskryf Fransi.  Ek sou wat wou gee om die ander ook in digvorm uit jou pen te sien. 
Title: Re: The Fool (Major Arcana)
Post by: Fransi on February 22, 2013, 10:58:10 AM
Dankie PM. Ek is baie baie slakkepas besig om na my kaarte te kyk en te voel wat elkeen individueel vir my beteken en hoe die simboliek daarvan in ons daaglikse wandel toegepas kan word en wat ons uit daardie kaart kan leer. Ek het amper 'n blaai en 'n half oor die Fool (gek) geskryf in my joernaal en daaruit is die gedig gebore. Eienskappe soos kinderlike amper blinde vertroue en selfvertroue, onbesorgd, hedonisties geanker in die nou, impulsief, intuïtief, Green man: vrugbaarheid en die vermoë om terug te bons of jouself te herstel, idealis en vermag daarom dikwels die "onmoontlike". Die gek omhels die nuwe. Ontdekking en nuuskierigheid. 'n Eie pad. Die gek laat my baie aan die eienskappe van kinders dink. Die verwondering wat jy met grootword so dikwels verlê en weer moet vind. :-)
Title: Re: The Fool (Major Arcana)
Post by: PM on February 22, 2013, 11:32:58 AM
Verduidelik asseblief vir my die drie boontjie pitte.  Ek het my eie idee maar ek sal graag joune wil hoor. 
Title: Re: The Fool (Major Arcana)
Post by: Marius on February 22, 2013, 12:29:53 PM
Die drie towerbone van Jack in die boontjierank faam...
Title: Re: The Fool (Major Arcana)
Post by: Marius on February 22, 2013, 12:32:50 PM
"schelphoring" - kewl!
Title: Re: The Fool (Major Arcana)
Post by: PM on February 22, 2013, 12:38:21 PM
Ek het daai rank sien groei, maar dit dadelik afgekap net soos wat ek vir Hansie Slim die deur gewys het.   :icon_biggrin: Ek kon ook net twee pitte sien maar dit was beslis nie bone soos in boontjies nie.   :angel4:

Jy het my katvis.  Wat is kewl?  Slang for cool?

Title: Re: The Fool (Major Arcana)
Post by: Marius on February 22, 2013, 12:49:51 PM
PM, ja, kewl is tienerspaak. Ek lees die "drie pitte" wat briljant as metafoor gebruik word in die konteks van die gedig, eintlik die gedig in 'n frase opsom, vir 'n oenskynlike dwase aksie wat met bespotting gepaard gaan wat uiteindelik tot groot rykdom of ander nie tasbare skatte lei en dat slegs die dwaas daardie skat kan vooruit sien. Knap gepen!
Title: Re: The Fool (Major Arcana)
Post by: PM on February 22, 2013, 12:54:01 PM
Mooi stel jy dit in Afrikaans, ek bloos sommer.   :color:
Knap gepen! - kewl   :icon_biggrin:
Title: Re: The Fool (Major Arcana)
Post by: Fransi on February 22, 2013, 01:13:23 PM
Baie dankie. :-)
Title: Re: The Fool (Major Arcana)
Post by: Marius on February 22, 2013, 01:50:34 PM
Ek hou ook van jou titel Fransi, 'n okkulte kaartepak wat deur sigeuners, ook uitgeworpenes wat soos die dwaas buite die samelewing se norme lewe, in voorspelling van die toekoms gebruik word. Die donker praktyk word deur mense as sotlik afgelag, en daaruit - die dwaas, waar jy dan voortgaan om die prentjie op die Major Arcana te verwoord. Tre chick mademoiselle!
Title: Re: The Fool (Major Arcana)
Post by: Fransi on February 22, 2013, 02:14:12 PM
Dankie.