Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: Marius on February 21, 2013, 10:40:03 PM
-
(limerieke)
O wee die jong kadre Malema,
deesdae drink hy heelwat Grandpas,
die probleem is jy sien,
hy 't sy sterre gesien,
sonder spieel met President Zuma!
Daar bly stoute vroutjies in Brakpan,
wat outjies gaan vry by die dorpdam,
word hulle gevang,
dan skree hulle bang:
"konstabel se tog net niks vir my man man!"
Ken jy die fyn knapies van Kaapstad,
wat loer in toilette en kansvat?
Oppas net my ou pel
as ‘n “fun guy” jou bel
jou nommer’s op ‘n deur by die swembad!
Hy in die tjoekie, ons kop in die war,
die cop is gefire, die hofsaak ‘n nar,
Kom daar ‘n movie,
oor mister groovy?
Is hy genomineer vir ‘n Oscar?
There was a goldminers daughter from Springs
who liked hanging off poles and things,
said she to her bud,
o dammit crud!
I keep tearing my frilly new G-strings!
Daar was eers 'n inry in Nigel,
waar ouens gaan fliek met Kay Whygel,
maar hy's deesdae toe,
want vry's mos taboe -
nou drink hulle bier by die hotel!
O daai stoute vroutjie van Noorweë,
haar man stook ‘n trein vir die spoorweë,
en hoor sy die toet,
weet haar skelm goed,
laat waai want dis nou tyd vir oorgee!
-
O gatta patatta. :angel4:
Hier het ons nou weer met daardie bronne te doen wat so verskil van mekaar.
Kyk wat sê Philip de Vos van die limerick.
http://storiewerf.co.za/skryf/limericke_philipdevos.htm
'n Ander bron: rhyme: a-a-b-b-a with a syllable structure of: 9-9-6-6-9.
http://www.creative-writing-now.com/how-to-write-a-limerick.html
-
Dankie vir die skakels, ek geniet Phillip se wenke terdee!
Gedigte is wel water wat mens in 'n spesifieke glas ingooi sodat die water dan die vorm van die glas aanneem sodat die leser kan weet waaruit hy drink en wat om te verwag maar die vorm moet nooit supratief teenoor die effek van die gedig staan nie. Selfs ou en gevestigde digters volg nie alle voorskrifte slaafs na nie, veral nie as daar soveel denkrigtings daaroor bestaan nie. Ek hou egter van die 9/9/6/6/9 sillabe aanslag ek het tot dusver al my lirieke as 9/9/5/5/9 geskryf bloot omdat ek dit geskoei het op die stoute klassieke wereldbekende limeriek "There was a young lady in Norway". As iemand erens egter formeel verklaar het dat 9/9/6/6/9 die korrekte glas is om my limerieke water in te gooi, wie is ek om te stry. Ek probeer nooit om my gedigte te veel te verdedig nie en mens hou nooit op met leer nie. :)
-
Jy kan enige glas kies wat jy verkies. Ek hou van 'n groot, en ek bedoel groot, bolronde rooiwynglas met 'n nou bekkie dat ek elke geurtjie kan inasem. :icon_biggrin:
Natuurlik is daar verskillende maniere om te soen en soveel sal met jou saamstem dat digtersvryheid gekom het om te bly. As 'n mens vir die pret skryf kan enigiets gaan.
Wanneer ons egter 'n gedigstruktuur "oefen" (hier op die forum) is dit om ons denke 'n bietjie uit die kassie te skud en die lui breinselle weer in die regte rigting te dwing. Almal neem nie deel nie, want hulle hou nie van gedigstrukture nie. Vir my is dit altyd 'n groot uitdaging, want ek is net 'n rymelaar en nie 'n digter nie.
-
Ek het so paar ou limerieke by die oorsprongklike plasing bygevoeg... verskoon tog die 9/9/5/5/9 i.p.v. 9/9/6/6/9 struktuur. Dis my maar eerste pogings.
-
Kostelik. Is hy genomineer vir ‘n Oscar? Skerp! :icon_biggrin:
Ek dink altwee strukture kan seker gaan. Meraai van die Baai is ongelukkig weg tot na die naweek, dan sal sy weer kom saam gesels. Van ons ander maters het ernstige probleme en ek vertrou dat hulle gou weer sal kom saam kuier.
Ek sal gaan kyk by die gedistrukture waar ons met die limerick gespeel het en vir jou die skakel kom vasmaak.
-
Marius die ene van jou sal wonderlik inval by ons Tragiekdigstruktuur (PM se woord) of te wel die Afrikaanse weergawe van die Lampoon waar ons die spot dryf met groepe, politieke figure ens. :`ip2:
O wee die jong kadre Malema,
deesdae drink hy heelwat Grandpas,
die probleem is jy sien,
hy 't sy sterre gesien,
sonder spieel met President Zuma!
:notworthy: :icon_salut:
PM ek soek en soek na waar ons gewoeker het met die limerieke maar kry nie 'n enkele woordspoortjie nie, by die woesforum is daar ook nie meer 'n strukture afdeling nie ek weet dit was een van die eerste digvorme waarmee ons gewoel het daar. :dontknow:
-
Ek sal gaan soek en plaas, dankie. :)
-
Lig myse hoed en knak die knieg! :notworthy: :icon_salut: Lief jou skryfstyl Marius.
-
Hierdie is 'n bladsy uit boek een "Rooiwyn Kaggelvuur en Vers" Raaitjie.
Die Limerick
Al die volgende benamings kan gebruik word: limericke/ limericks, sowel as limerieke/limerieks.
Die limerick bestaan uit vyf versreëls. Die rymskema van die limerick is aabba, dus rym die laaste woorde van die eerste, tweede en vyfde reëls met mekaar, so ook weer die laaste woorde van die derde en vierde versreëls.
Die limerick se aantal lettergrepe in die versreëls is as volg: 8-8-5-5-8
Deesdae is daar 'n neiging om weg te breek met die streng toegepaste reëls. Jy kan minder of meer lettergrepe gebruik: 7-7-5-5-7 en/of 9-9-7-7-9
Koningin Cleopatera
ook maar skaam toe die prins haar dra
eers wou sy niks weet
toe kry sy hom beet
so die prins moes maar ouers vra.
© Naas
Daar was ‘n man van Gibraltar
sy vrou was groot soos ‘n altaar
toe hy wil offer
pak sy sy koffer
en jaag hom trug na Gibraltar
© Naas
Die meisie kom van Durban af
haar kerrie sal jou keelgat straf
trou ‘n boere ou
dié sê magtag vrou
voer jy my na ’n vroeë graf?
© Naas
Piet Muis en sy kroos sit en eet
die kat kom om hul te wil vreet
toe Piet begin blaf
skrik kat sy sit af
gelukkig twee tale te weet
© PM
Komkommerkoel van boggombaai
sit op ‘n stoel en eet sy slaai
verby seil ‘n slang
hy word baie bang
en spring sommer bo-op sy braai
© Len Kriel
In Gatkantland woon Meraai
Sy was voorheen vannie baai
O my liefste ma ...
En my oorle pa ...
Dis waar Ausies koning kraai!
© Meraai vannie baai
'n Swaeltjie van vêr se vlug
bou 'n nes hoog in die lug
skud haar fyn veertjies
volgens die reëltjies
huisie hang nou onder die brug.
© adéle
Hand aan hand stap Antjie Patat
saam met Kleinjan in die stofpad
sy hou haar groentjie
en jomps 'n soentjie
Jansalie lamsak skrik hom plat.
© adéle
Bo in die boom sit oupa uil
hy moet net keer want hy wil huil
hy soek na sy vrou
'n huis wil sy bou
net more gaan hy haar verruil.
© adéle
In Baberspan het ons gaan kamp
en vis gebraai met sous en samp
en kan jy nou meer
van visvang wil leer ...
geflous deur 'n baber se amp!
© SueEe
-
Ek kan dit nerens meer opspoor op die forum nie, geweet ons het dit gehad :book1:
-
...en vir my werk die (Ta TumTum!) beter aan die einde.(Maar wissel ook na gelang van die limeriek.)
Persoonlik dink ek dat as dit nie natuurlik in die vorm inpas nie die "je ne sais qua" van die limeriek voordeel moet trek bo-oor gedwonge inpas van sillabes.
-
Dit is die slaafse najaag van vorm wat limerieke so dik saai van onnodige modale hulpwerkwoorde om by die vorm in te pas.
-
Ek is 'n woordslaaf en slawe slaaf. :icon_biggrin: Dit is hulle werk! :icon_biggrin:
Vir my gaan dit oor die uitdaging, die plesier om te slaag en die breinoefening. Soms sit ek dae en top oor 'n woord wat 'n frase moet vervang, omdat die struktuur daarna vra. Daaruit word soms nuwe woorde gebore. Natuurlik is jy reg as jy sê dat dit vir my baie lekker is wanneer iemand my op die skouer klop en seg: Wel gedoet! :angel4:
Ek en metrum was nog nooit vriende nie, maar die limiriek het my 'n bietjie vriendeliker daarteenoor gemaak.
:bootyshake:
-
(limeriek)
Hie ha hie ha - resessie vleisbraai.
Wat ons eet sou net Sangoma kon raai,
want wat ons nie sien,
en wat gasheer bedien,
is lekker donkie-tjoppie en slaai!
Joe! Daai liewe minister Lulu.
Sy maak die Calvyne koe-koe.
Nou soek hulle haar kop.
Haar job het geflop.
Haar mond kort ‘n was oor daai boe-boe!
Ken jy die ou met Lisdeksia?
b’s en p’s ruil het hom min gepla.
Maar sy juf het ontplof.
Sy opstel was te rof.
Oor daai volk van Boesmanlandia!
O so dun is die beursie en kaal.
As die staatsman sy pond vleis kom haal.
Dit was destyds so.
Nog steeds, kan jy glo.
Is wet van Transvaal - Taks en betaal!
O hoe koud is die windjie en skraal.
As die donker ou man haar kom haal.
O my gonnatjie Griet!
Dis ook g'n wonder Piet!
Die flerrie is dan half blerrie kaal!
:glasses9:
-
Dankie Marius, ek het dit baie geniet. :wave:
-
Lekker tong in die kies leesgenot voorwaar Marius :notworthy: :icon_salut:
-
Hierdie een gaan lekker sing en 'n treffer wees!
-
O Fanie Fourie se lobola!
Boere kan sy fliek mos nie verdra.
As hy sy cheri soen,
wil hul hom iets aandoen.
Oor hy húlle bloeddruk so opja!
Klieketie kliek ons krag het ‘n triek
Ons koop dit deesdae gin meer op tiek
Want dan sien jy daai bill
Gee jou sterre 'n gil
En los onderbroekmerke van briek!
Ken jy die padvalk van Benoni
Moet tog nie met hom stry of moun nie
Glip 'n noot in jou boek
Dis net waar hy hom soek
Hy sal jou nooit lank besig hou nie!
:glasses9:
-
Ek het dit geniet en sal sekerlik nog weer en weer 'n draai kom maak. Dankie vir die deel Marius.
-
Jou humoristiese limerieklyne bring altyd 'n wye glimlag op my gavreetjie Marius :notworthy: :hello2:
-
‘n Ou had huurders wat nie wou trek.
Die Hof sê hom sy saak's gladnie sterk.
Hul sit gratis en squat,
maar gee toe gou-gou pad.
Nigerians het sake gewerk.
:glasses9:
-
Ek sluip tussen woorderwe en geniet myself :headbang: