Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on February 18, 2013, 03:41:32 PM
-
Die wêreld gons oor Oscar. Wat dink julle van die petalje.
-
Stap ek by die poskantoor in om 'n brief na die prokureur in SA te pos en dadelik word die onderwerp bespreek en verwag die ouens dat ek die gordyn van bespiegelings sal kan lig, want ek is dan van dieselfde herkoms en was dit moeilik vir hulle om te verstaan dat ek weet net soveel soos hulle en dit is maar wat die nuusberigte ons hier inlig :dontknow: :crybaby2:
-
Dit is werklik tragies.
Elke ander koerant het 'n ander storie, maar 'n mens sal maar wag om die uitslag te hoor.
Die galge humor wat nou weer kopuitsteek gons. 'n Mens kan nie help om te glimlag oor die mense se skerpsinnigheid nie.
-
gelukkig kan mens enige koerant se datum glo...
:grommit:
-
:icon_biggrin: Verseker!
Dit is seker nie vreemd nie, want dit gebeur altyd dat sodra daar so-iets gebeur, die betrokke persoon se hele bondel vuil wasgoed uitgehang word.