Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on February 11, 2013, 09:25:02 PM

Title: Geliefde Karring
Post by: adele on February 11, 2013, 09:25:02 PM
Geliefde Karring

Hoeveel room, ryk en lekker,
 het jy in jou lewe geknie?

Tonne ponde sonskyngeel botter
het ons uit jou pens geskep
en op skaapwagtersnye warm brood,
tuisgebak met donker, vetblink korsies,
onder vyekonfyt gesmeer

en smaaklike karringmelk
in enemelbekers geskink
om panne vol bros beskuit,
vir dagbreek se koffiedoop
in die koolstoof se binnekamer
tot goudkleur te bak en te droog.


 :grommit:  
Title: Re: Geliefde Karring
Post by: PM on February 12, 2013, 10:34:32 AM
Baie oulik Adéle.  Vat jy my nou ver terug na my kinderdae. 
Title: Re: Geliefde Karring
Post by: Meraai vannie Baai on February 13, 2013, 11:24:59 PM
En nou onthou ek weer daardie duisend en drie blinke bakkies van die seperator op die delwerye wat ekke as kind moes was en die reuk van vars room  :love7: Pragtige ekphrasis Adele!!
Title: Re: Geliefde Karring
Post by: adele on February 19, 2013, 09:49:17 PM
dankie vir jul saamkuier in die verlede.

 :grommit:
Title: Re: Geliefde Karring
Post by: Meraai vannie Baai on May 31, 2018, 11:04:56 AM
Nostalgies lees ek oor die skouer van 'n besoeker weer 'n keer en geniet van vooraf  :notworthy:
Title: Re: Geliefde Karring
Post by: adele on May 31, 2018, 01:17:28 PM
 :love7:  :love7: