Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: AB on February 09, 2013, 08:22:36 PM

Title: vroeg oggend
Post by: AB on February 09, 2013, 08:22:36 PM
ek het vanoggend so 20 voor ses die motorhuis se deur oopgemaak om die bakkie uit te trek en toe sien ek die:

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/01_zpse82141ce.jpg)

dit is hier by die huur huis se voorkant geneem. ek kon nie dit oor my hart kry om dit nie af te neem nie.

Toe ry ek plaas toe om krane te draai en pomp aan te sit vir die wingerd besproeiing.
so half uur later het dit so gelyk:

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/002_zps26cf9a5b.jpg)

en 7 minute later was als verby en die wolke op die horison was wit.
   
Toe het ek die pad gevat see toe om te gaan duik en dit was ook heerlik lekker en ek is veer 12 ure later veilig tuis.
Title: Re: vroeg oggend
Post by: PM on February 10, 2013, 06:28:31 AM
Dit is asemrowend mooi AB.  Dankie vir die deel. 
Ek is so lus vir kreef, maar 'n paar foto'tjies kan ook help.   :angel4:
Title: Re: vroeg oggend
Post by: AB on February 10, 2013, 07:10:43 AM
ek het gister nogal die kamera saam geneem maar toe by peet se huis gelos want dit het gereen toe ons gaan duik het.
Title: Re: vroeg oggend
Post by: PM on February 10, 2013, 09:48:40 AM
Ag hoe lekker.  Hier in Port St Johns behoort seker ook kreef te wees.  Dit is mos nog kreef seisoen of hoe?
Title: Re: vroeg oggend
Post by: AB on February 10, 2013, 12:45:27 PM
Daar behoort ooskus kreef te wees ja en dalk daai blou krewe van die transkei.

ek is nie seker hoe hulle seison werk nie.
ek is seker as jy daar rond vra as jy iewers van die kreef by iemand kan raakloop.
teen die weskus is bestaansvissers wat van hulle vangste mag verkoop, dlak is daar so iets teen die ooskus ook.

http://www.wildcoast.co.za/crayfish


http://www.wwfsassi.co.za/?m=5&s=5&idkey=1274



http://www.daff.gov.za/doaDev/fisheries/21_HotIssues/April2010/FishingPERMITCONDITIONS2010/EAST%20COAST%20ROCK%20LOBSTER%20TRANSPORT%20PERMIT%20CONDITIONS%20%202010.pdf


http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/kzn-south-coast/kzn-south-coast-news-general?oid=5068417&sn=Detail&pid=4196946&Crayfish-season-has-opened
Title: Re: vroeg oggend
Post by: Fransi on February 11, 2013, 07:57:08 AM
Pragtige foto's.
Title: Re: vroeg oggend
Post by: adele on February 11, 2013, 03:58:20 PM

sjoeee, dis so mooi

 :grommit: 
Title: Re: vroeg oggend
Post by: PM on February 11, 2013, 04:05:25 PM
Dankie AB, ek is nou baie slimmer.   :icon_biggrin: