Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on February 06, 2013, 03:32:13 PM
-
In koue, eensaam nagte
as alleenwees teen die ruit vasys
en verlange spookagtig
in dowwe kerslig dans,
vou ek my woorde
knus om jou skouers vas,
wikkel elke klankie,elke lettergreep
styf teen jou lyf en hart.
In dae wat vrees en angs
jou lewe wil versuur
en onmag soos lood
aan jou hande hang,
hang ek my woorde
sag, vertroostend om jou hals,
hou die woorde bakhand
sodat jou sorge daarin val.
In tye waar jou hart vol vreug is
en jou lippe van liefde sing,
wanneer jou oë glimlag
en jou gesig die son gaan haal,
dans my woorde om jou voete
lig en dartelend soos die van ‘n kind,
speel ek ‘n jubellied
op die snare van jou hart.
En as daar tye van verset kom
wat jou hart met woede vul,
as dinge net te veel word
en alles jou ontstel,
smeer ek trooswoord oor die wonde
laat dit koel oor jou voorkop gaan,
spreek ek in sinne van rus en vrede,
van vreugde en vergifnis.
Ek wil jou liefhê met my woorde
met al die nuanses van my taal,
wil elke letter, elke frase,
elke idioom gebruik
om jou te verduidelik
hoe kosbaar jy sal bly.
-
Dit is werklik baie mooi. :notworthy:
-
en verlange spookagtig
in dowwe kerslig dans,
jo - dis mooi gestel!!
baie mooi gedig
-
:hello:
Pragtig geskryf.
Ek lief veral die volgende: "en jou gesig die son gaan haal"
-
Hi G,
Hierdie is werklik 'n mooi gedig. Hartseer Verlange Hunkering.
Dit laat my skoon verlang.
Baie goed. :munky2:
-
Mag ek asseblief hierdie gedig kroon? :icon_salut: :notworthy: Elke reël het ragfyn geweef met die ABC, vertroostend om my gevou en ek glo elkeen wat hier lees sal dieselfde ervaar! Gawie jy KAN skryf liefste sielematertjie van my :love7:
-
Ek stem Raaitjie, sy mag maar, want sy kan. :love7:
-
:notworthy: baie dankie. Sy kan want daar is twee beentjies wat haar ondersteun.
-
:icon_biggrin: Ek dink ons is die enigste gediertes wat op drie bene loop. Die laaste drie dae was ek bene-af.
-
Ek sal nie weet nie, maar een ding weet ek verseker: ons is seker die mees uiteenlopendste threesome wat daar is en tog is ons "eensaaam" heeheheh een in gedagtes en vriendskap en snap in sinne praat.
-
Werklik waarwoorde. Dink jy nie ons is een-twee-driesaam nie?
-
:love7: Minsaam een-twee-driesaam. Vir seker.
-
'n Besondere Trio dis verseker en gewis :love7: :notworthy: en 'n bruinbeertjiedrukkie!!
-
... en ek lees weer die mooi gedig en ek :notworthy: nog 'n keer.
(Waar is die bruinbeerdrukkieprentjie dan nou?)
-
Ek is nie baie lief vir liefdesgedigte nie maar hierdie ene het werklik my hart gesteel en dra sy kroontjie skitterend :notworthy: :love7: