Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on February 04, 2013, 10:30:12 PM
-
Ek dwaal vandag weer
deur labarinte van my hart,
soek na verslete blaaie
uit lank vergete joernale.
Selfs in donkerste hoekies
krap ek stukkies uit,
en sit hul versigtig
by herwinbaar neer.
Die eerste sonstraal
sal 'n nuwe môre
daaruit baar.
Elke leë belofte
skud ek in die wind,
sit al die eensaam nagte
netjies in 'n sloop.
Pleister toe die krake,
grendel lendelam deure,
'n wag met swaard en stok
bewaak elke poort en gat
Dis skoon hierbinne,
geen rommel lê meer rond
als gereed vir 'n nuwe môre,
een van liefde en van hoop.
-
pragtig gedig. ekke pak sommer 'n stukkie hoop vir my ook in.
:grommit:
-
So mooi. Pragtig.
-
Ek lief die metrum in jou gedig Gawie. Dit is soos 'n boodjie wat op die water klots. Die halfrym wat jy toepas voltooi die deuntjie.
-
Pragtig Gawie!! :love7: :notworthy:
-
hoop het nogal altyd vir my pragtig gesing,
ook hier in jou mooi skoonmaak gedig wat gereed maak vir more se liefde en hoop